Deur Buziwe Nocuze
Mawande Somtsewu, ’n versekeringsagent, is in Khayelitsha, een van die gevaarlikste townships in Kaapstad, doodgeskiet terwyl hy ’n voornemende kliënt wou besoek.
Die kliënt sou hom by ’n bushalte inwag. Pleks daarvan het hy hom in ’n koeëlreën vasgeloop. Daar is niks by hom gevat nie.
Somtsewu se suster, Abongile, meen die afspraak was ’n lokval, en die “kliënt” het beplan om hom dood te skiet.
“As dit ’n rooftog was, sou die persoon wat die afspraak gemaak het die polisie van die voorval laat weet het,” het sy gesê.
’n Wes-Kaapse polisiesegsman, Kaptein Frederick van Wyk, het bevestig dat hulle ’n moordsaak ondersoek.
“Die slagoffer is op die toneel dood. Die verdagte is nog op vrye voet,” het Van Wyk gesê.
Nou vrees ander versekeringsagente vir hulle lewens.
“Hoe kan ons nou mense by hulle huise besoek as mense vir ons lokvalle stel,” het een van hulle gesê.
Abongile het gesê haar broer het die afspraak gemaak omdat hy gek was na sy werk.
In die foto hierbo: Mawande Somtsewu is Woensdag in Khayelitsha, Kaapstad doodgeskiet.
Fotobron: Verskaf