Die maritieme hutspot van Algoabaai in die Oos-Kaap het moontlik die eerste plek in Afrika geword waar die seldsame albino-dolfyn opgemerk is.
Dit was ‘n spesiale dag vir Lloyd Edwards, ‘n marienebewaarder van Raggy Charters wat sy seun se troue saam met vriende en familie op sy boot gevier het.
Skielik, tussen ‘n skool van ongeveer 200 dolfyne, het hy ‘n pragtige meterlange albinokalf gesien – die eerste van sy soort wat nog ooit in Afrika gewaar is!
Hy het gedink hy’t omtrent alles gesien in sy drie dekades op die water. “Wat ‘n fout was dit nie!” het hy opgewonde uitgeroep tydens ‘n onderhoud met PE Express.
Toe ek weer kyk was dit daar: ‘n pragtige meterlange albinokalf van omtrent een maand oud.
“Te oordeel aan sommige van die kleiner dolfyne in dieselfde groep, lyk hy in ‘n goeie fisiese toestand,” het hy gesê.
Die mariene kenner het verduidelik dat albinisme ‘n genetiese defek is wat ‘n afwesigheid van melanien by diere veroorsaak.
“Albinisme is die gevolg van ‘n genetiese mutasie in verskeie gene, wat totale albinisme uiters skaars maak,” het hy gesê.
Aldus Edwards is albinisme so skaars dat slegs ‘n handjievol mense dit sedert die 1950’s gesien het – met geen gerapporteerde waarnemings in Afrika nie.
Die albino-dolfyn het in die middel van die skool geswem – terselftertyd goeie en slegte nuus. Terwyl dit teen roofdiere beskerm word, trek dit ook menslike aandag, wat lei tot kommer dat dit vir akwariums gevang sal word.
“Een voorbeeld is Angel, wat in die berugte Taijibaai in Japan gevang is waar jagters elke jaar honderde dolfyne wreed vermoor. Hierdie een is gespaar en by die Taiji-akwarium uitgestal,” het hy gesê.
Ons kan maar net hoop dat hierdie unieke en pragtige wese toegelaat sal word om in sy natuurlike habitat te leef en gedy, en dat sy waarneming ‘n teken is van goeie dinge wat voorlê vir Algoabaai se seelewe.
Saamgestel deur Personeelskrywer
Op die foto hierbo: Die albino-dolfyn in die Oos-Kaap opgemerk
Fotobron: Raggy Charters