Porn-ster Courtney glo haar roeping kom van Bo

’n Voormalige Amerikaanse onderwyser wat haar werk gelos het om ’n porn-ster te word, sê dit was ’n opdrag van God.

En haar man het haar aangemoedig om dit te doen.

Courtney Tillia is as ’n goeie Christenmeisie in ’n streng huishouding grootgemaak, berig die Britse Daily Star.

Sy het outistiese kinders in ’n Katolieke skool onderrig, maar die karige salaris het haar nie aangestaan nie.

Nou is die 35-jarige Tillia bekend vir haar wilde foto’s en seksvideo’s op sosiale media.

Hoe kon sy nee sê as haar kefoefel haar man, Nick, én die Here behaag?

Courtney het aan die Star gesê dis haar sending om mense te bevry wat meen seks is iets om oor skaam te wees.

“Plesier en seksuele prikkeling is nie in stryd met God nie, maar is heilig.

“God se boodskap aan my was helder en duidelik: ek is hier om ’n porn-ster te wees. Dit is my manier van dien.”

In die foto hierbo: Courtney Tillia

Fotobron: Courtney Tillia, Instagram