‘n Speulse paartjie is belet om ooit weer van FlySafair se dienste gebruik te maak na hul Mile High-manewales – tot groot afgryse van medepassasiers.
Die twee het mekaar Maandag bespring tydens ‘n vlug van Johannesburg na Durban, met nabygeleë passasiers hul gegriefde gehoor.
Foto’s van die beeldmateriaal, te (porno)grafies vir publikasie, wys hoe die man sy broek losmaak terwyl sy maat hom tussen die bene bevoel, berig News24.
‘n Sakeman wat langs die egpaar gesit en gevra het om anoniem te bly, het ‘n klag by die lugredery ingedien, maar het geen reaksie ontvang totdat die media betrokke geraak het nie.
Die man het die voorval op kamera vasgelê en aan die bemanning gewys, maar hy voel sy klag is nie ernstig opgeneem nie.
“Ek is gewalg dat so ‘n gebeurtenis min gevolge vir die betrokke passasiers kan hê,” het hy gesê.
“Suid-Afrikaanse lugreisigers moet sekerlik verantwoordelik gehou word vir hul dade?”
Die egpaar se skandelike optrede is teenstrydig met die Wet op Burgerlugvaart, wat dit as kriminele oortreding beskou.
Chris Christodoulou, hoof van die lugvaartafdeling by die prokureursfirma Christodoulou & Mavrikis Inc, het gesê die paar het ‘n ernstige oortreding begaan en kan beboet of tot ses maande tronkstraf gevonnis word.
Kirby Gordon, woordvoerder van FlySafair, het bevestig dat die twee deur hulle verban is.
“Die kaptein kan sekerlik besluit om elders te land of die SAPD ontbied as daar veiligheid ter sprake is,” het hy gesê.
“Hulle sal dikwels klagtes lê, maar die keuse en impak daarvan hang van hulle af.”
Seksuele aktiwiteite op vlugte gebeur selde, en Gordon het beklemtoon dat die meeste mense hulle ordentlik gedra.
Die lugredery het volgens die sakeman ‘n houding wat wys dat hulle min omgee, en hy glo hulle kon meer verantwoordelikheid aanvaar het.
“Dis te vieslik. Passasiers verdien beter,” het hy gesê.
Saamgestel deur Dylan Bettencourt
Op die foto hierbo: Meeste passasiers gedra hulle goed op ‘n vliegtuig