Padwerkers uit geld verneuk en laat staan

Deur Songeziwe Mapukata

Tientalle padwerkers in die Oos-Kaap sê hulle is die afgelope sewe maande gedwing om in haglike omstandighede te woon, sonder skoon water of werkende toilette.

Verlede September het hulle werkgewer – die Departement van Vervoer – opgehou om ’n toelae van R6 000 aan hulle te betaal, wat deel uitmaak van hulle skamele vergoeding.

Dit is die werkers wat paaie onderhou, bome snoei, grasssny, en stormwaterpype op die vernaamste provinsiale paaie skoonhou.

Hulle slaan gereeld tent op naby dorpe waar hulle werk, waarvoor hulle ’n daaglikse “kamptoelae” van R197 ontvang.

Plaaslik bekend as “Onontente” (die kampeerders), verduur hulle storms in die somer en snerpende koue in die winter in hierdie saamgeflanste wonings, om vir die toelae te kwalifiseer.

Maar die afgelope sewe maande het die regering hulle ingedoen.

Die werkers het aan Scrolla.Africa gesê die staat skuld hulle tussen R20 000 en R40 000.

Hulle het gesê sonder die kamptoelae kry hulle swaar. ’n Algemene werker verdien slegs R7 000 per maand, ’n motorbestuurder R12 000 en ’n skraper-operateur R13 500.

Sedert 2021 is die werkers na kampe in die opgewing geskuif sodat hulle naby hulle werkplekke kan wees. Maar die kampe is in ’n aaklige toestand.

Die vier kampe is versprei tussen KwaMdingi in King Williams Town, Stutterheim, Peddie en Kidd’s Beach.

Wandisile Mkaliphi, een van die werkers, het gesê die toestand van die kamp is “ondraaglik”. Daar is geen toilette of ’n wateraanleg nie.

“Ons drink water uit damme soos diere om te oorleef.”

Hulle lê lang afstande af is verouderde, onpadwaardige lorries sonder deure.

Ondanks al hulle klagtes, daag hulle die afgelope sewe maande vir werk op.

Die groep sê hulle het ’n vergadering met die provinsiale hoof van die Department van Vervoer, Mzilindile Mafani, gereël om hulle klagtes te bespreek. Maar hy het nie opgedaag om hulle memorandum te bespreek nie.

Unathi Binqose, segspersoon vir die Oos-Kaapse Departement van Vervoer het bevestig  dat die saak na die Kommissie vir Versoening, Mediasie en Arbitrasie verwys is. 

Met geen einde in sig nie, moet hulle wag dat ’n datum vir die CCMA-verhoor vasgestel word. Hulle hoop iemand in die departement sal hulle uiteindelik met die waardigheid behandel wat hulle verdien.

In die foto hierbo: Werkers se woonplekke

Fotobron: Verskaf