Deur Everson Luhanga
Die 50-jaar-oue TV-ster wat daarvan verdink word dat hy sy minnaar verlede week by sy kothuis in Kemptonpark doodgeskiet het, verskyn vandag (Woensdag) in die Kemptonparkse Landdroshof.
Die man, wie se identiteit aan Scrolla.Africa bekend is, is Dinsdag uit die hospitaal ontslaan, waar hy behandel is nadat hy sy eie lewe probeer neem het deur ’n oordosis slaappille te drink.
Hy was aan ’n hospitaalbed vasgeboei en onverpoos onder polisiebewaking by Tembisa-Hospitaal in Ekurhuleni.
Die veteraanakteur het dekades lank in die teater- en TV-produksies opgetree, soos The Good the Old and the Greedy, Legacy, en Getroud Met Rugby.
Na die man se inhegtenisneming het Norkem Park se polisie-segspersoon, Adjudant-Offisier Barbara-Anne Ferreira, gesê die verdagte sal van moord en die onwettige besit van ’n vuurwapen aangekla word.
Ferreira het gesê die motief vir die moord is onbekend en deel van die polisie-ondersoek.
Toe die storie laas Vrydag uitkom, is daar verkeerdelik berig dat die slagoffer ’n vrou was.
Scrolla.Africa kan bevestig dat dit ’n 29-jarige man is, en dat hy die verdagte se minnaar was.