Deur Buziwe Nocuze
Op die oog af is die leë stuk grond langs die bushalte by Stock Road onbenullig, maar dit het ’n slagveld geword.
’n Inisiasieskool, ’n desperate groep wat hutte daar wil oprig en Eskom self veg om beheer daarvan.
Twee maal per jaar word dié stuk veld in Philippi East gebruik vir seuns wat die inisiasieskool bywoon. En die inwoners was tevrede daarmee.
Maar die grond behoort aan Eskom, wat ’n substasie daar wil oprig.
Toe ’n groep mense daar opdaag om onwettig hutte te bou, het Somagwaza Instituut, ’n nie-winsgewende onderneming, met Philippi se inwoners kragte saamgesnoer om dit te verhinder.
Die veld, sê Somagwaza se stigter, Sikelela Zokufa, is die enigste plek wat hulle het vir die inisiasieskool, wat vir seuns uit Philippi-Oos en Gugulethu gebruik word.
Die skole word in die winter en die somer gebruik.
“Respek bring mens ver. Ons het aan die voornemende hutbouers verduidelik hoekom hulle nie daarmee kan voortgaan nie.”
Eskom se substasie is ’n ander vraagstuk. Zokufa glo Eskom sal toelaat dat die inisiasiekool voortgaan nadat die substasie gebou is.
Eskom Projekte se gesaghebbendheids-bestuurder, Mbulelo Mvana, sê gesprekke sal voor Junie afgesluit wees, sodat ’n permanente oplossing gevind kan word.
“’n Sleutelvraagstuk is om te verseker dat Eskom hulle omgewingsvereisteis nakom,” het hy gesê. Dit is waarom die gesprekke met Somagwasa voortduur.
“Eskom respekteer die inisasiekultuur en wil spoedig ’n blywende oplossing vind.”
Die voornemende hutbouers meen Somagwasa se vraagstukke en Eskom se planne is nie relevant nie. Hulle het geen ander heenkome nie.
Een van hulle het gesê die land behoort nie aan Somagwaza nie, en hulle moet die inisiasie op hulle eie werf hou.
In die foto hierbo: Somagazwa-Instituut en gemeenskapslede wil indringers verhinder om blyplekke langs Stock Road op te rig
Fotobron: Buziwe Nocuze