Die ‘net verklap dalk wie’s Prem se gemaskerde rapper

‘n Britse rapper met die naam DIDE het amper ‘n internet ineenstorting veroorsaak. Hoe so? Want daar word gesê hy is ‘n Premierliga-sokkerspeler.

Die kunstenaar is duidelik vrot van die talent, maar dra ‘n verbloemende klapmus in sy musiekvideo vir die liedjie “Thrill”, sodat niemand sy ware identiteit kan uitmaak nie.

Sosiale media gons van amateurspeurders wat naarstigtelik probeer uitvind wie die rapper agter die masker is.

Spelers soos Wilfried Zaha, Noni Madueke en Reiss Nelson is al as kandidate bespreek, maar een naam word voortdurend genoem: Arsenal-doelskieter Eddie Nketiah.

Op Instagram het die speler gesê hy is ‘n “rapper by die huis en sokkerspeler op die veld”. Hy het meer as 21,000 volgelinge.

DIDE dra ‘n masker, maar sosiale media-speurders het opgemerk dat die stad Londen verskyn in die agtergrond van sy nuwe musiekvideo.

DIDE het “Thrill” verlede week vrygestel – ‘n liedjie oor die lewe van ‘n sokkerspeler, met sommige van die lirieke wat moontlike leidrade verskaf oor wie hy werklik is.

Een Twitter-gebruiker het selfs ‘n ruimte geskep om te verduidelik hoekom DIDE inderdaad Eddie Nketiah is.

“As jy dit nog nie gesien het nie, het ‘n ‘onbekende’ Premierliga-sokkerspeler pas ‘n nuwe snit laat sak. Hy is egter nie onbekend aan die meeste van ons nie. Dit is Eddie Nketiah,” het hy gesê.

Die ontleder het toe verder gaan kyk na lirieke soos “my team stay winning” en “they’re gonna (Gunner, Arsenal se bynaam) put it in the paper”. Hy verwys verder na ‘n doel soortgelyk aan een wat Nketiah in Januarie aangeteken het.

Die gebruiker het ook gewys dat DIDE se bewegings soortgelyk is aan Nketiah s’n toe hy die doel gevier het.

Verskeie gebruikers glo dat DIDE ‘n amperse anagram van Eddie is.

‘n Perfekte geleentheid vir die geheim om opgelos te word mag dalk net wees wanneer Arsenal aan die einde van die seisoen die Premierliga-trofee lig.

Saamgestel deur Dylan Bettencourt

Op die foto bo: DIDE

Beeldbron: Twitter