Deur Zukile Majova
Dit gaan geld kos en dalk ’n wonderwerk of twee, maar Suid-Afrikaanse kiesers kan voortaan enigeen kies om hulle in die parlement te verteenwoordig.
En as die dobbelsteentjies reg val, kan so ’n persoon selfs die volgende president word.
Mens hoef nie meer aan ’n politieke party te behoort nie.
Maar dit gaan ’n enorme poging kos. Die eerste vereiste is om die name, ID nommers en handtekeninge van duisende geregistreerde kiesers te versamel.
’n Onafhanklike kandidaat in die Oos-Kaap sal byvoorbeeld die steun van 11,656 mense vooraf moet verwerf.
Dit is 15% van die 77,713 stemme wat dit gekos het om parlementêre verteenwoordiging in die 2019 verkiesing te verkry.
Die kwotas verskil van provinsie tot provinsie. In die Vrystaat is dit 11,314, Gauteng 13,819, KwaZulu-Natal 13,046, Limpopo 11 329, Mpumalanga 11,924, Noordwes 10,652, Noord-Kaap 10,271 en Wes-Kaap 13,201.
Politieke partye hoef nie voor ’n verkiesing te bewys dat hulle genoegsame steun het nie.
Enigeen is verkiesbaar – en dit het die land 30 jaar gekos om by daardie punt uit te kom, al word dit deur die grondwet vereis. Dit gaan waarskynlik nog baie jare kos voordat ’n onafhanklike kandidaat die parlement gaan haal.
President Cyril Ramaphosa het uiteindelik die Wysigheids-wetgewing van 2022 bekragtig.
Hy is gedwing om dit te doen deur ’n beslissing van die Grondwethof op 11 Junie 2020, om die Kieswet van 1998 ongrondwetlik te verklaar.
Die verouderde wet het op lidmaatskap van ’n politieke party aangedring.
Die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Mosotho Moepy, het die voorvereistes Maandag aan die media meegedeel.
- ’n Onafhanklike kandidaat kan genomineer word om in een of meer streke verkiesbaar te wees, maar kan net een setel in die Nasionale Vergadering verwerf.
- ’n Onafhanklike kandidaat mag net tot die provinsiale wetgewer verkies word in die provinsie waar hulle geregistreer is.
- Mag net tot die Nasionale Vergadering of ’n provinsiale wetgewer verkies word, nie albei nie.
- ’n Voorgeskrewe verklaring moet gemaak word dat die kandidaat name, ID nommers en handtekeninge van kiesers gewerf het.
- Die aantal name moet 15% van die aantal stemme verteenwoordig wat ’n kandidaat moet lok in die betrokke streek.
- Moet deposito’s aan die OVK oorbetaal.
Hierdie wysinging kan die verkiesing een van die opwindendstes maak sedert die eerste vrye verkiesing in 1994, en ’n waterskeiding in die Suid-Afrikaanse politiek.
In die foto hierbo: Stembus
Fotobron: OVK