‘n Kelnerin in Japan is afgedank nadat sy bestellings vir Bloody Mary-skemerkelkies veels te letterlik opgeneem het.
‘n Japannese kafee-eienaar het die kelnerin daarvan beskuldig dat sy haar eie bloed in die skemerkelkies vermeng het.
Die Mondaiji-kafee in Sapporo, Hokkaido, het op Twitter gesê hulle het een van hul werkers afgedank nadat sy gaste laat teug het aan ‘n skemerkelkie wat van haar bloed bevat het.
“So ‘n daad staan gelyk aan deeltydse-werksterrorisme en is absoluut onaanvaarbaar,” lui die kafee-eienaar se 2 April twiet.
Die eienaar het ook bevestig dat die kafee vir ‘n dag toe was om alle glase te vervang wat moontlik met die kelnerin se bloed in kontak was.
Die kafee adverteer homself op Twitter as ‘n plek vir donker dames en “probleemkinders” wat ook “die oulikste” is wanneer dit by die bedien van klante kom.
Mondaiji is veral bekend vir sy R350 als-wat-jy-kan-drink aanbieding, het Insider berig.
Die kafee-eienaar het in die verklaring om verskoning gevra vir die voorval.
“Laat my asseblief ‘n bietjie langer die winkel bedryf, gelukkig en op my eis. Ek sal die winkel skoonmaak, glase vervang en alkohol weggooi wat dalk besmet mag wees. Weereens, ek is baie jammer dat ek hierdie moeilikheid vir julle almal veroorsaak het,” lui die twiet.
Die voorval bly maar ‘n blêrrie nagmerrie vir die leienaar, wat dalk sy drankpryse sal moet verlaag om kliënte terug te lok.
Saamgestel deur Dylan Bettencourt
Op die foto hierbo: ‘n Bloody Mary-skemerkelkie