Deur Zukile Majova
Gayton McKenzie, die leier van die Patriotiese Alliansie en voorloper in die stryd om Thapelo Amad as burgemeester uit te skop, sê hy sal die burgemeesterskantoor Hillbrow toe skuif as hy oorneem.
Dié vervalle deel van die stad is ’n vesting vir dwelmsmouse, verleen skuiling aan geweldenaars, en geboue word onwetting deur buitelanders beset.
McKenzie, wat tyd agter tralies deurgebring het, sê hy wil ’n basis in Hillbrow skep, hoofsaaklik om onwettige inkomeling uit te skop en kabeldiefstal stop te sit.
“Ek gaan kragdadig teen onwettige buitelanders en kabeI-mafias optree. Ek gaan hulle uit Johannesburg verjaag. My kantoor gaan in Hillbrow wees.”
Die Patriotic Alliance maak deel uit van die regerende koalisie wat deur die ANC die EFF gelei word.
McKenzie is burgemeester van die Sentraalkaroo-distrik, maar hy wil uit die amp bedank en Johannesburg, wat ’n begroting van R87 miljard het, in daardie amp dien.
Johannesburg City Power bestee elke jaar meer as R100 aan voltydse sekuriteitsbeskerming by kragstasies en vervang duisende kilometers se kabel, wat daagliks deur diewe geplunder word.
McKenzie se veldtog vir die stad se top-amp kom ná ’n mosie van wantroue teen Amad ter tafel gelê is vir die volgende Stadsraadsvergadering op 25 April.
Amad se party, Al Jama-ah, maak minder as 1% van die stad se kiesers op. Hy beloof om die stad met behulp van ’n lening van R9 miljard op te knap en dienslewering te verbeter.
Die raad is steeds ten gunste van die ANC-EFF koalisie, nadat die DA-koalisie – ActionSA, Vryheidsfront Plus, Inkatha Freedom Party, African Christian Democratic Party en Cope – verder verswak is, noudat die Congress of the People die ANC steun in Gauteng se metro’s.
Indien Amad uitgeskop word, sal sy plaasvervanger waarskynlik ook uit die ANC-EFF koalisie kom.
In die foto hierbo: Gayton McKenzie
Fotobron: @GaytonMc