18 kerkvroue met verkragting gedreig

Deur Buziwe Nocuze

Dit was veronderstel om ’n aand van danksegging en aanbidding vir lede van Showers of Blessings Church in Kaapstad te wees, maar toe is dit ’n nag van vrees en afgryse.

Twee gewapende amakrwala – jongelinge wat pas as mans ingelyf is – het die kerk in Khayalitsha binnegegaan en 18 vroulike lede gedwing om hulle klere uit te trek en gedreig om hulle te verkrag.

Die mans van die gemeente het kort tevore die kerk verlaat dat ’n vrouediens kon begin.

Toe Eerwaarde Siyabulela Jezile hoor wat gebeur het, het hy hom teruggehaas na die kerk, waar hy die huilende en getroumatiseerde vroue gevind het.

“Die verdagtes het vuurwapens op hulle gerig, hulle aangsê om uit te trek, en gedreig om hulle te skiet,” het Jezile gesê.

Die vroue het gedoen wat hulle aangesê is en moes daarna hulle selfone oorhandig.

’n Gemeentelid het vertel hoe hulle in ’n ry moes staan en die ergste gevrees het.

“Een van hulle het aanmekaar vir ons gelag terwyl ons kaal daar gestaan het, en gesê ons lyk oulik en aanloklik. Hy heeltyd sy tong uitgesteek.”

Toe het die verdagtes die fone gegryp en weggehardloop. Die getroumatiseerde vroue ontvang berading.

Ondanks hulle beproewing het hulle gesê hulle voel dankbaar teenoor God dat hy verhinder het dat hulle verkrag word.

“Ons is hartseer en kwaad dat hierdie monsters geen respek teenoor God getoon het nie, maar ook dankbaar dat Hy ons gered het,” het die vrou gesê.

“Ons weet dit kon erger gewees het. Gewoonlik spring vroue nie verkragting vry nie.”

Die Wes-Kaapse polisiesegspersoon, Sersant Wesley Twigg, het bevestig dat twee verdagtes, onderskeidelik 20 en 25, vandag (Maandag) in die hof gaan verskyn.

“Die polisie ondersoek roof- en seksuele aanranding-sake,” het hy gesê.

In die foto hierbo: Showers of Blessings Christian-kerk in Khayelitsha

Fotobron: Buziwe Nocuze