Wraak is soet!

Deur Dylan Bettencourt

SPORTKEUSE VAN DIE WEEK: Laas naweek was maar bedroef vir Suid-Afrikaanse rugbyspanne, wat in moeilike omstandighede slae gekry het en droëbek uit Europa moes terugkeer.

➤ Dié week geniet hulle tuisvoorsprong.

Vrydag (vandag) om 6.30nm speel die Cell C Sharks teen Benetton in Durban in die Verenigde Rugbykampioenskap. Hoë tellings en hardlooprugby is op die spyskaart.

Nog drie VRK wedstryde vind Saterdag in Suid-Afrika plaas.

Die Bulls behoort in Pretoria met Zebre die vloer te vee, maar die Lions sal op hulle beste moet wees om Leinster te klop in ’n wedstryd waarin warm weer en hoogte bo seespieël in die tuisspan se guns kan tel.

Die Stormers behoort Munster te klop.

Die VRK-wedstrude is van eenuur af regstreeks op DStv-kanale 201 en 211. 

➤ Die Curriebeker-aksie van die naweel begin vandag op ’n hoë noot wanneer die Haaie die opgeklitste Bulle op 3.30nm in Durban pak.

Mens kan vinnige hardlooprugby verwag wanneer die WP die Cheetahs om 3nm in Kaapstad aandurf, en Sondag speel die Griffons teen die Pumas en die Leeus teen Griekwas. Die aksie begin om 2nm.

Die Cheetahs is met ’n enkele punt bo-aan die ranglys, gevolg deur die Pumas. WP en die Haaie is nog in die prentjie.

Al die wedstryde is op die DStv-kanale 201 and 211. 

➤ Die Engelse Premierliga is in die pylvak, met Arsenal op pad na hulle eerste sege sedert 2004.

Die Gunners het in hulle wedstryd teen Liverpool punte verbeur, maar behoort hulle Londense teenstanders West Ham te klop. Die wedstryd skop om 3nm af.

As Manchester City vir Leicester City om 6.30nm kan klop, sal hulle druk op die voorlopers plaas.

Manchester United kan opskuif tot in die top drie as hulle teen Nottingham Forest wen, Sondag van 5.30nm af.

Al die wedstryde word on DStv se kanaal 203 uitgesaai.

➤ In die Indian Premier League aan die krieketfront speel die Knight Riders vandag teen die Sunrisers van 4nm af. Die spanne weeg goed teen mekaar op.

Saterdag is dit Royal Challengers teen Capitals van 12nm af. Die Challengers is die gunsteling.

Super Giants speel direk daarna teen Punjab Kings.

Die IPL-aksie word op DStv kanaal 212 uitgesaai.

In die foto hierbo: Die Sharks vier ’n drie teen Edinburgh 

Fotobron: Springboks