Deur Zukile Majova
Owerhede in Suid-Afrika het geen dokumentasie wat bewys dat Thabo Bester ’n Suid-Afrikaanse burger is nie.
Bester, wat in Tanzanië vasgetrek is saam met sy lewensmaat, Dr Nandipha Magudumana, het Donderdag is die land aangekom en word in die Kgosi Mampuru gevangenis in Pretoria aangehou.
Die nasionale polisiekommissaris, General Fannie Masemola, het ’n parlementêre ondersoek na Bester se berugte ontsnapping uit Mangaung se Korrektiewe sentrum meegedeel dat Bester nie ’n SA ID het nie.
“Sy krimenele rekord is die enigste bewys dat hy van Suid-Afrika is. Die ontsnapte gevangene is dieselfde mens wat in Tanzanië in hegtenis geneem is,” het hy gesê.
“Daar is ten minste drie mense in die land met die naam Thabo Bester, twee van hulle met regmatige SA ID’s. Maar die veroordeelde moordenaar en verkragter het nooit ’n SA ID gehad nie.”
General Masemola het aan die parlement gesê Bester is in Tanzanië op grond van sy vingerafdrukke geïdentifiseer.
Die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, gaan die media inlig oor Bester se identiteit en die reisdokumente wat hy en Dr Magudumana gebruik het om die land te verlaat.
In die foto hierbo: Thabo Bester en Dr Nandipha Magudumana
Fotobron: Chriselda Lewis