Deur Dalphine Tagwireyi
In die besige strate van Harare, in ’n see van straatverkopers, staan ’n vrou wat almal se aandag trek met haar stylvolle voorkoms.
Anna Kamukosi, ’n 35-jaar-oue ma van vyf, is ’n eiesoortige straatverkoper. Met haar spoggerige kleredrag en kenmerkende sonbrille staan sy uit en word gereeld vir ’n topwerknemer in ’n groot maatskappy aangesien.
Maar haar verhaal word deur veerkragtigheid en vasbeslotenheid onderskraag.
Die afgelope 14 jaar onderhou sy haar gesin deur koekies, lekkernye, water en koeldrank te verkoop. Haar pa, ’n koerantverkoper, het haar geleer hoe om te werk te gaan en sy het haarself as ’n suksesvolle handelaar gevestig.
Haar doelwit is om haar eie winkel en slaghuis te besit, en sy is ’n passievolle handelaar.
Ondanks teistering deur die polisie, wat soms haar handelsware ware kom vat het, stoom sy voort. “Ek het groot verliese gely, en moes raap en skraap vir kapitaal en voorraad,” het sy gesê.
Sy is trots op haar voorkoms en lyk altyd spoggerig wanneer sy om 7vm begin handel dryf, wanneer die verkeer swaar is.
“My voorkoms oorreed my klante om by my eerder as onder handlaars te koop,” sê Anna met ’n glimlag.
Met haar verkope kon sy al haar kinder skool toe stuur. Die oudste is al 19.
In die foto hierbo: Anna Kamukosi in Harare se besige strate
Fotobron: Verskaf deur Anna Kamukosi