Kamma-prokureur soek ’n regte een

Deur Everson Luhanga

In ’n vars wending het die kamma-prokureur bekend as Doctor Sobetha hom Woensdag terug in die hof bevind, dié keer om regshulp te vra in sy borgtogaansoek. 

Sobetha, 31, bly in aanhouding na sy verskyning in Bethal se Landdroshof. Hy is verlede maand in hegtenis geneem nadat hy hom as ’n prokureur in ’n moordsaak voorgedoen het. 

Sobetha het opgetree as “prokureur” vir Mhlabuyaxega Mntungwa, wat verdink word van die moord op ’n bestuurder van die Sam Holdings maatskappy, Nkosinathi Ngcongo. 

Owerhede het sy geloofwaardigheid by Mhlabuyaxega se tweede hofverskyning bevraagteken en toegeslaan nadat hy nie kon sê by watter instelling hy sy regsopleiding ontvang het nie. 

Sobetha kon net die toga wat hy aangehad het en sy matrieksertifikaat as bewys van sy regmatigheid aanbied. Selfs sy familie was geskok toe hulle die storie hoor. ’n Familielid, wat naamloos wil bly, het aan Scrolla.Africa gesê Sobetha het nie verby Graad 10 op skool gevorder nie!

Scrolla.Africa kan bevestig dat Sobetha homself nie in die hof gaan verdedig nie, maar om regshulp aansoek gedoen het.

’n Segspersoon van die Valke in Mpumalanga, Kaptain Dineo Sekgotodi, het gesê die saak is uitgestel tot 2 Mei, wanneer die borgtogaansoek aangehoor sal word. Die ondersoek duur voort.

Sobetha het na bewering ’n vals versekeringseis ingestel ná sy broer in verdagte omstandighede dood is.

In die foto hierbo: Doctor Sobetha

Fotobron: Die Valke