Deur Razeen Gutta
Sy bynaam is die Gambiese Orkaan, en nadat Adama Bojang die opposisie weggeblaas het tydens die O.20-Afrikabeker-toernooi in Egipte, moet hy miskien gereedmaak vir aanmeld by een van Europa se elite-klubs.
Die tienersensasie het vier doele geskop en so sy span, die Skerpioene van Gambië, gehelp om die eindstryd te haal. Hulle was naaswenners na Senegal.
Bojang doen tans diens vir Steve Biko FC in die topafdeling van Gambiese sokker; sy onlangse skitterspel het gerugte ontlok van belangstelling deur belangrike klubs soos Tottenham Hotspur, Nottingham Forest en Ajax.
Die 18-jarige droom daarvan om in die voetspore van sy held Cristiano Ronaldo te volg deur vir sokkerreus Real Madrid te speel, het hy aan BBC Sport Africa gesê.
“Ek wil soos Cristiano Ronaldo wees, want hy is my gunsteling wanneer dit by die wêreld se top spelers kom,” het hy gesê.
“Ek het gekyk na die video’s wat hy na sy wedstryde op YouTube gepos het. Hy wys sy oefensessies daar, so soms probeer ek dit kyk en myself daardeur aanpor.”
Bojang is opgewonde oor die vooruitsig van ‘n klubverskuiwing, maar besef dat hy konsekwent sal moet bly.
“Ek het die goeie nuus gehoor en dit versterk my moraal. Ek fokus meer daarop om ‘n elalige koers te hou, wat my baie motiveer. Dis ‘n wonderlike gevoel wanneer jy besef sulke klubs is op jou spoor.
“As ek konsekwent kan bly, sal hul monde nog meer vir my water.”
Op die foto hierbo: Adama Bojang
Fotobron: @foday_manneh_