Deur Thabisa Ndzindzwa
Daggaboere in Ntabankulu sien uit na selfs hoër hoogtes na dit aangekondig is dat ‘n nuwe verwerkingsaanleg by Ingwe TVET College gebou gaan word.
Eerste van sy soort in die land sal die kollege se landboukampus in Ntabankulu ‘n wettige mark bied vir dagga wat in die gebied verbou word.
Die nuus het verlede week gebreek nadat Ntabankulu Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaap ‘n verbintenisbrief van die Departement van Hoër Onderwys ontvang het, met goedkeuring van die toewysing van fondse vir oprigting van die kollege.
Die projek sal in fases uitgevoer word, met ‘n begroting van R80 miljoen vir fase een. Hierdie fase sal die bou van omheinings, stormwaterdreinering, grootskaalse grondwerke en infrastruktuur dek.
Luidens die departement se verbintenisbrief het Ingwe TVET College reeds ‘n daggalisensie en sal lisensiëring kan verskaf aan daggaboere wat deel is van hierdie ontwikkeling.
Lingisile Mzanywa, woordvoerder van Ntabankulu Munisipaliteit, het gesê dat landbou die nismark vir ekonomiese ontwikkeling in die gebied is.
Zolile Mtolo, voorsitter van die Mantlaneni-koöperasie wat uit daggaboere bestaan, het gesê dit beteken hul langverwagte droom om dagga op ‘n plek naby die huis te produseer, gaan uiteindelik waar word.
“Ons wil al die olies en ander daggaprodukte lewer en sal uiteindelik ‘n wettige mark kry, sodra ons lisensies het,” het Mtolo gesê.
“Ons hoop om ons lewens te verbeter, veral noudat ons nie hoef te reis om al die nodige opleiding te ontvang nie.”
Op die foto hierbo: ‘n Amper-ryp daggaplant
Fotobron: Verskaf