Deur Everson Luhanga
Dis die aakligste nagmerrie. Maandagmiddag het ’n man ’n verpletterende oproep van sy vrou ontvang. Sy het beweer sy is ontvoer.
Die ontvoerders het ’n enorme losprys geëis vir haar vrylating, en ’n video aan die media uitgelek. Daarin lyk dit asof die vrou vasgemaak is in die bosse by Clay Field Rylaan in Phoenix, in KwaZulu-Natal, met die klank van ’n vuurwapen wat orgehaal woord en ’n skoot wat afgetrek word terwyl sy smeek om haar lewe… en haar man se geld.
Dit is iets wat die man altyd gevrees het. Hy het ’n winsgewende besigheid, wat hom en sy vrou aanloklike teikens vir ontvoering maak.
Dit was ’n slenter!
’n Polisieondersoek het aan die lig gebring dat die “ontvoering” ’n poging van die vrou was om haar man uit sy geld te bedrieg.
Hy sou nooit kon droom wie die ontvoerder was nie. Minute na die eerste oproep het hy nog een ontvang, van ’n onbekende man wat ’n losprys geëis het.
In die video staan die “slagoffer” in land groen gras, met voëltjies wat tjirp in die agtergrond.
Met betraande oë pleit die vrou dan by haar man: “Hallo… ons wil hê jy moet R2 miljoen betaal sodat ek huis toe kan kom.” Dit lyk asof die ontvoerders met haar van agter die kamera af praat.
Dan draai sy haar kop weg in die rigting van een van die “ontvoerders”, wat nie gesien kan word nie.
“Maar my man het nie R2 miljoen nie. Ek weet hy het nie.” Op daardie oomblik gaan ’n skoot af, en sy gil.
Dan sê ’n man: “Nee, sê dit!” Dan herhaal sy: “Jy moet R2 miljoen betaal dat ek kan huis toe kom.”
Die polisie het die 47-jarige vrou in hegtenis geneem en van regsverydeling aangekla. Haar mede-samesweerder is nog op vrye voet. Sy het Woensdag in die landdroshof in Verulam verskyn.
KwaZulu-Natal se polisiewoordvoerder, Kolonel Robert Netshiunda, het gesê die “ontvoering” is Maandagmiddag by die polisie aangemeld.
“Die vrou was glo van die besigheid af op pad na haar nabygeleë huis toe om die badkamer te gebruik.”
Die vrou se man het die eerste oproep kort daarna ontvang.
In die foto hierbo: ’n Fotogreep van ’n opgestelde video waarin ’n vrou beweer sy is ontvoer
Fotobron: Verskaf