Is jou gunsteling stadion moontlik ‘n misdaadtoneel?

Deur Razeen Gutta

Wedstrydknoeiery, een van die gevaarlikste kriminele aktiwiteite in sport, word al hoe meer subtiel en moeiliker om te bespeur.

So word beweer deur Tom Harding, die direkteur van intelligensie en ondersoeke by Sportradar Integrity Services. En dit blyk dat wedstrydknoeiers perdalks op die trappies van jou gunstelingstadion skuil, gereed om spelers te intimideer en met hulle te kommunikeer deur middel van geheime seine.

Sommige van hierdie seine kan so subtiel wees soos om van ‘n sonhoed ontslae te raak.

“Hulle is deesdae meer subtiel, en waai nie meer nie. Hoed op, hoed af, ons het ons oog op hierdie tekens,” het Harding aan AFP gesê.

“As die persoon ‘n hoed op het, moet jy ‘X’ doen, soos byvoorbeeld doele afstaan. As hulle dit afhaal, beteken dit jy moet tot aksie oorgaan.”

Maar Sportradar is oorgehaal om die saak aan te vat. Met fotograwe tot hul beskikking hou hulle ‘n wakende oog oor die skares, op soek na daardie “tipe individue wat vir spelers kan sein,” het Harding gesê.

“Daar is toesig. Ons kyk met wie die spelers kommunikeer voor, tydens en na die tyd, of daar ‘n uitruiling van pakkette en finansies is. Dit is immers uiteindelik jou misdaadtoneel.”

En dit is nie net mindere sportsoorte wat geraak word nie. Sportradar werk saam met meer as 150 federasies en ligas, insluitend Fifa, om sport skoon te hou. Ten spyte van 1,212 verdagte wedstryde binne 12 sportsoorte in meer as 90 lande tydens 2022, het Harding opgemerk dat groot sportsoorte 99.5% vry is van enige wedstrydknoeiery.

Maar aanhangers pasop, die afhaal van ‘n hoed of omruil van ‘n baadjie mag ‘n teken wees van iets veel meer onheilspellend.

Op die foto hierbo: Wedstrydknoeiery is ‘n gevaarlike sport

Fotobron: @dna