Gauteng LUR sê padsterftes is vroue se skuld

Gauteng se Lid van die Uitvoerende Raad vir paaie en vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, het Woensdag gesê vroue tussen die ouderdome van 25 en 48 is verantwoordelik vir die meeste ongelukke, veral in die aand.

Sy het in Soshanguve gepraat by die bekendstelling van ’n veldtog wat daarop gemik is om padongelukke tydens die Paasnaweek te verminder. Die langnaweek, wat oor vier dae strek, eis altyd talle lewens op die pad. 

Kerk- en vakansiegangers lê lang afstande na hulle bestemmings af.

Diale-Tlabela het gesê: “Toe ons verlede jaar ’n soortgelyke veldtog loods, het ons op skokkende syfers afgekom, wat toon dat vroue tussen 25 en 48 die meeste ongelukke op ons paaie veroorsaak.”

Scrolla.Africa kon nie vasstel waar Diale-Tlabela dié twyfelagtige statistiek vandaan haal nie. Internasionale navorsing toon deurgaans dan mans ongeveer drie keer meer ongelukke as vroue veroorsaak.

Verder het die LUR voetgangers die skuld gegee vir ’n groot persentasie van die padsterftes.

Diale-Tlabela het bygevoeg dat die departement in gesprek met taxi- en busoperateur is om padveiligheid tydens die langnaweek te handhaaf.

Saamgestel deur Dylan Bettencourt

In die foto hierbo: Gauteng se LUR vir paaie en vervoer, Kedibone Diale-Tlabela

Fotobron: Departement van Paaie en Vervoer