GANGSTERS MOET 843 JAAR SIT

Deur Everson Luhanga

Ses boewe, wat eens gewapen, gevaarlik en met ’n vinger op die sneller geleef het, is gesamentlik tot 843 jaar tronkstraf in 68 kriminele howe gevonnis.

Hulle is lede van sindikaat wat in Gauteng, Noordwes en Limpopo bedrywig was, en wat met wenke van tellers en ander bankamptenare op klante geteer het wat groot somme geld trek.

Die bendelede het hulle agtervolg en met vuurwapens beroof.

Vyf van die ses is Dinsdag in die Johannesburgse Hooggeregshof vir misdade gevonnis wat die volgende insluit: Moord, roof, ontvoering, rampokkery, sameswering en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Die ses is Vusimuzi Jomo Mazibuko, 43, Xolani Comfort Mkhwanazi, 32, Shaun Khumalo, 25, Vusi David Sibanyoni, 41, Sticks Nkuna Bhova, 46, and Calvin Congo Mabunda, 40.

Phindi Mjonondwane, die Nasionale Vervolgingsgesag se segspersoon in Gauteng, het gesê die mans se terreurveldtog het in 2011 in Rustenburg begin toe hulle die poskantoor by Mabeskraal probeer beroof het deur ’n amptenaar te ontvoer.

In August 2013 het hulle ’n man, Johan Joseph Meyer, en sy vrou in Gauteng tot by hulle huis gevolg nadat hulle ’n groot som geld getrek het. Hulle is beroof en hy is doodgeskiet.

“’n Bankamptenaar het hulle van die onttrekking ingelig. Hulle het op dieselfde manier op klante in Booysens, Kliprivier en Vereeniging toegeslaan.”

Sy het gesê die bende is uiteindelik in 2019 betrap by ’n winkel in Giyani, waar hulle personeellede wat kort tevore geld getrek het wou beroof. Die boewe het op die vlug geslaan toe die polisie opdaag, en ’n skietgeveg het uitgebreek. 

Hulle is in hegtenis geneem en deur middel van vingerafdrukke, getuinenis van bankamptenare en uitkenningsparades met talle misdade verbind.

In die foto hierbo: Lede van ’n onwettige sindikaat wat mense beroof het wat groot somme geld by banke trek

Fotobron: Nasionale Vervolgingsgesag