Deur Razeen Gutta
Aiden Markram het Sondag ’n betowerende 175 geslaan in Suid-Afrika se sege met 146 lopies teen Nederland in die jaarlikse Pienkdag-wedsryd op die Wanderers. Dit verseker die Proteas feitlik van ’n plek in die Eendag-Wêreldbeker.
Bangladesj hoef volgende maand net een wedstryd in Ierland te wen om Suid-Afrika se plek te bespreek.
Die Proteas het eerste gekolf en 370/8 in hulle 50 beurte opgestapel.
Markram was die ster met sy beurt van 126 balle af, wat 17 viere en sewe sesse ingesluit het. David Miller het hom ondersteun met met ’n blitsige 91 van 61 nadat die aanvangskolwers, Quinton de Kock (8) en Temba Bavuma (6) misluk het.
Die besoekers het goed begin in hulle jaagtog, maar het van 107/1 tot 224 ineengestort, met Sisanda Mangala wat die kalklig gesteel het met 5/43 in sy nege boulbeurte.
In die Indiese Premierliga (IPL), het die Sunrisers Hyderabad hulle kaptein, Markram, kwaai gemis en lelik met 72 lopies slae gekry teen Rajasthan Royals.
Die Royals het 203/5 opgestapel, en die Sunrisers kon met net 131/8 in hulle 20 beurte antwoord.
In Sondag se ander wedstryd het Faf du Plessis en Virat Kohli die Royal Challengers Bangalore met skitterende vyftigtalle teen die Mumbai Indians in die Chinnaswamy Stadion lag-lag met agt paaltjies laat wen.
In die foto hierbo: Aiden Markram
Fotobron: @ProteasMenCSA