Deur Doreen Mokgolo
Die DA het die EFF as hul nommer een vyand verklaar in die aanloop tot die 2024 nasionale verkiesing.
Tydens die tweede dag van die 2023 DA Federale Raad op Sondag, het hulle aangevoer dat die party se stelsels misluk het waarookal dit getoets is.
Helen Zille, wat vir die tweede termyn as voorsitter van die Federale Raad herkies is, het gesê die DA verteenwoordig die teenoorgestelde van dit waarvoor die EFF staan.
“Ons is voorstaanders vir nie-rassige demokrasie, respek vir die oppergesag van die reg van die Grondwet, en ‘n markverbonde ekonomie met veiligheidsnette vir armes.
“Niemand glo dat Julius Malema die vermoë het om suksesvol te wees nie, want elke voorstander van rasse-nasionalisme het nog oral net gefaal,” het sy gesê.
Zille het bygevoeg, “Stelsels en beleide wat ingestel is deur die ANC sal die land een trap laat afdaal en dit is ‘n slegte ding.”
Die party het sy strategie vir die nasionale verkiesing versterk. Hulle het in 2019 steun verloor nadat hulle probeer het om hul strategie te verander om swart kiesers te lok.
Tydens sy aanvaardingstoespraak het herverkose federale leier John Steenhuisen gesê hulle het sedert 2019 gewerk om die party te stabiliseer en reg te stel sodat dit weer in die wenbaan kon beland.
“Ons het die tyd gebruik om interne samewerking, dissipline, stelsels en beleid te herbou,” het hy bygevoeg.
Dr Mpho Phalatse, wat nog net op provinsiale politieksvlak gedien het, is beskryf as te ambisieus om Steenhuisen die stryd aan te sê.
Phalatse het gesê sy glo nie sy gooi haar net te wyd nie, aangesien sy reeds die party vir agt jaar lank dien.
Sy het bewerings verwerp dat sy die party gaan verlaat om by ActionSA aan te sluit.
Federale voorsitter Ivan Meyer is in sy posisie herkies.
Dr Dion George is herkies as die party se federale finansiële voorsitter.
Adjunk-federale voorsitters:
Eerste adjunk: JP Smith
Tweede adjunk: Solly Malatsi
Derde adjunk: Anton Bredell
Vir adjunkvoorsitters van die Federale Raad:
Eerste adjunk: Ashor Sarupen
Tweede adjunk: Annelie Lotriet
Derde adjunk: Thomas Walters
Lungile Phanyane, wat onbekend was in politieke kringe voordat sy voluit gegaan het deur al die top ses posisies te betwis, het die kongres met leë hande verlaat.
Phanyane het gesê sy sal voortgaan om te dien in partystrukture wat die jeug en vroue betrek.
Sy sal ook aan die volgende Federale Kongres deelneem.
Op die foto hierbo: Julius Malema
Fotobron: Doreen Mokgolo