Deur Zukile Majova
Deur ’n leliewit leierskap te kies om hulle na volgende jaar se verkiesing te neem, het die DA dalk die ANC van ’n sekere nederlaag gered.
Selfs die ANC het al die moontlikheid aanvaar dat die verkiesing moeilik gaan wees.
By hulle verkiesingskonferensie in Desember 2022 het die party gesê hulle word deur jong kiesers verwerp, en glo kiesers uit die middelklas het eenvoudig geweier om aan die voorafgaande verkiesings deel te neem.
Alles het daarop gedui dat die regerende party vir die eerste keer in 30 jaar minder as 50% van die stemme gaan lok.
Dit sou te danke wees aan die DA se bewonderenswaardige rekord vir doeltreffende regering in die Wes-Kaap, wat nou meer werk skep as al die ander provinsies in die land saam.
Maar die DA se 2023 verkiesingskongres se verwerping van swart leiers kan die ANC help om beter te vaar as was vroeër verwag is.
’n Swart verteenwoordiger van Tswane het om drie posisies meegeding en is drie keer verwerp.
Dr Mpho Phalatse, die voormalige burgemeester van Johannesburg, wat daarin geslaag het om ’n regering uit ’n brose koalisie van kleiner partye in die stad saam te stel, is geheel en al verwerp.
Van die verteenwoordigers het verklap dat sy slegs 12 % van die stemme gelok het in haar poging om John Steenhuisen as federale leier te onttroon.
Hierdie is ’n party wat reken hulle kan meer as 30% van die stemme trek, ’n sprong van meer as 10 persentasiepunte, van 20.7% in die vorige algemende verkiesing.
Helen Zille, wat herverkies is as voorsitter van die DA se Federale Raad, hou voet by stuk dat dienslewering hoër deur kiesers geag word as velkleur.
Zille was min gepla dat die eksodus deur swart leiers – Herman Mashaba, Mmusi Maimane, Phumzile van Damme, Mbali Ntuli and Lindiwe Mazibuko – swart kiesers se vertroue mag skend.
“In die laaste kwartaal van verlede jaar is daar 169 000 poste in die hele Suid-Afrika geskep, 167 000 daarvan in een provinsie, en dit was die Wes-Kaap. Slegs 2 000 altesaam in die agt ANC provinsies.
“Dit moet sekerlik vir swart kiesers en werkloses wys watter party die beste regering aanbied,” het sy na die kongres gesê.
Maar dit is hoogs onwaarskynlik dat die DA hulle mikpunte sal haal met ’n openbare veldtog wat deur wit mans gelei word.
Terwyl vroue volgens Stats SA 51% van die land se bevolking uitmaak, is daar nie ’n enkele swart vrou in die DA se topbestuur nie. Dieselfde geld vir bruin en Indiese vroue.
Meer as 25 miljoen Suid-Afrikaners praat isiZulu en isiXhosa, tale wat lede van die DA se leierskap moet kan praat as die party huis-tot-huis-veldtogte in swart woonbuurte wil voer.
Ter afsluiting van die kongres het die party aangekondig dit hulle glo hulle het moontik die volgende president van Suid-Afrika verkies, indien ’n koalisie die oorhand sou kry.
’n Wit man wat nog nie eers oor ’n klein dorpie se munisipaliteit regeer het nie, en wat nie ’n enkele swart taal magtig is nie? Is dit nie wensdenkery nie?
Wat ook al die sondes van die 110-jaar-oue vryheidsbeweging mag wees, word die ANC gelei deur President Cyril Ramaphosa, ’n kragreus in Suid-Afrika se politiek en die private sektor.
Ramaphosa was Nelson Mandela se persoonlike keuse as toekomstige Suid-Afrikaanse president, en het uiters goed gevaar om die land te red van ’n plunderbrigade wat meer as R1 triljoen se belastinggeld gesteel en wanaangewend het tydens die sogenaamde nege vermorste jare.
Zille is reg – dit gaan nie om velkleur nie. Dit gaan om vertroue. Dis iets wat die DA nie verstaan nie.
Op die foto hierbo: DA-leier John Steenhuisen
Fotobron: @Our_DA