Gogo’s ryg die doele in!

Deur Nkhensani Mthombeni

Oumas kan balskop! Dit het die Grannies International Football Tournament (GIFT) se eindstryd tussen twee Amerikaanse spanne, Breakers en Lespressa, Woensdag in Limpopo bevestig.

Cathy Kelly (61) het die Breakers se wendoel in die eerste helfte aangeteken. 

Die toernooi, wat oor vier dae gestrek het, het groot skares gelok. Heather Mulliner, nog ’n Amerikaner, is as Speler van die Toernooi aangewys; Nomsa Mashego van Mbombela Gogos het die Goue Stewel gewen, en Rita Wilkie het ’n spesiale prys as oudste speler verwerf.

Die Breakers het die wentrofee aan Beka Ntsanwisi, wat GIFT geskep het, geskenk. “Ons glo die trofee moet in Suid-Afrika bly, en in Limpopa, ter ere van Mama Beka, wat vroue van die hele wêreld verenig het,” het die span gesê.

GIFT is ’n toernooi vir vroue van 50 en ouer. Spanne van Zambië, Frankryk en Mosambiek het teen sewe plaaslike spanne en vier Amerikaanse spanne gespeel.

Die oorsese spelers het gesê hulle het die township-lewe, plaaslike kultuur en musiek geniet. Hulle het Xitsonga-materiaal gekoop om as aandenkings terug te neem huis toe.

Die Breakers gaan hulle sege met ’n oorwinningsoptog in Limpopo vier. 

In die foto hierbo: Die Breakers saam met Mama Beka Ntsanwisi tydens die trofee-oorhandiging

Fotobron: Nkhensani Mthombeni