Deur Zukile Majova
Die Demokratiese Alliansie het die verkiesingseisoen binnegegaan deur met die swart kiesers te baklei.
Die party stel voor dat regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging geskrap word. Hulle sê die maatreëls, wat ná apartheid ingestel is, het niks anders vermag as om mense met politieke konneksies te verryk nie.
Die DA se standpunt oor regstellende aksie-wette het die party in die verlede swart leiers laat verloor en skets die organisasie steeds as ras-gebasseerde party.
“Die DA se ekonomiese geregtigheidspolisie streef daarna om ’n ekonomies-inklusiewe Suid-Afrika te skep, sonder kunsmatige verskille tussen die rasse,” lui die party se ekonomiese geregtigheidsbeleid.
Daar is hope data en navorsing wat bewys die verskille tussen swart en wit in die land is allermins “kunsmatig”.
PriceWaterhouseCoopers het onlange ’n verslag uitgereik wat getoon het wittes, wat 7.9% van die bevolking uitmaak, 78% van Suid-Afrika se hoof uitvoerende beamptes lewer.
Twee jaar gelede het die SA Menseregte-Kommissie ’n verslag vrygestel wat toon dat 64% van die swart bevolking in armoede leef, vergeleke met 1% van die wit bevolking en 6% van die Asiatiese bevolking.
President Cyril Ramaphosa het Swart Ekonimiese bemagtiging teen kritici verdedig, maar aanvaar dat daar meer gedoen moet word om swart entrepreneurs by die hoofstroom te betrek.
“Dit is duidelik dat baie meer gedoen moet word op die uitdagings aan te spreek wat swart ondernemings kniehalter. Dit is moeilik vir ’n swart onderneming om geld te bekom om aan die gang te kom en uit te brei, en om ’n mark vir hulle produkte te vind.
“Sake wat deur swart vroue besit word, sukkel veral grootskeepse bemagtigings-transaksies te beklink,” het Ramaphosa in sy weeklikse brief geskryf.
Die debat vind enkele dae voor die DA se nasionale verkiesingskongres plaas, wat Saterdag in Johannesburg begin.
Die kongres gaan na verwagting die party se manifes vir die 2024 algemene verkiesing skep.
Die DA kwyn sedert 2014, toe die party 22.23% van die kieserskorps kon lok. In 2019 was dit af na 20.7%
In dieselfde tyd het die EFF, die derde grootste party in die land, van 6.3% 10,8% gegroei.
Swart kiesers het die DA gehelp om die ANC se steun in Nelson Mandelabaai, Johannesburg, Ekurhuleni Metro en Tshwane Metro tot onder die 50% vlak af te bring.
Hulle sal ook ’n belangrike rol speel in die DA se poging om die ANC se meerderheid in Gauteng en landwyd af te bring.
Om skoor te soek met swart kieses wat by resgstellende maatreëls baat, is nie ’n doeltreffende manier om hulle steun te werf nie.
In die foto hierbo: DA-leier John Steenhuisen
Fotobron: Facebook