Marion-Eiland se muise is vinnig besig op die ekostelsel daar te verwoes, en veral die seevoël-bevolking skade aan te doen. Hulle is nie inheems nie. Hulle moet vinniger skoert as wat hulle aangekom en aangeteel het – en dit was blitsvinnig.
Hulle vreet ook plante en ongewerwelde diere. Nou het hulle begin jagmaak op pasgebore seevoël-kuikentjies.
Marion-Eiland is ’n sub-Antarktiese eiland 2 200 km suidoos van Kaapstad, waarop daar geen mense woon nie. Dit is die tuiste van miljoene seevoëls, wat vier pikkewynspesie en ’n kwart van die wêreld se swerwende Albatrosbevolking insluit.
Maar die muise kan die Albatros-bevolking heeltemal uitwis, saam met 18 van die ander 28 spesies wat daar broei.
Keith Springer, die operasionele bestuurder van die Muislose Marion-Projek, sê die noodsaak om die voëls te beskerm is helder en duidelik. Om dit te bewerkstellig, gaan ’n helikoptervloot van Suid-Afrika ingevlieg word.
Dié veldtog is een van die grootstes van sy aard, en vind plaas in medewerking tussen die Suid-Afrikaanse regering en BirdLife South Africa. Die verwydering van indringerspesies is bewys as een van die doeltreffendste metodes om ekostelsels in ere te herstel en bio-diversiteit te verseker.
Sonder dringende optrede kan hierdie waardevolle seevoëls vir ewig verlore wees. Maar die einde van die muisbende is in sig.
Saamgestel deur QueenEsther Iroanusi