Winkel wat sikloon vrygespring het ‘deur engele bewaak’

Deur Everson Luhanga

’n Enkele winkel wat bly staan het in ’n verwoeste distrik waardeur Sikloon Freddy geswiep het, staan bekend as “Masalimo 91 shop”.

Masalimo (Psalm) 91 lees: “Geen kwaad sal jou oorkom nie; geen ramp sal naby jou tent kom nie. Want Hy sal sy engele opkommandeer om jou in al jou weë te bewaar.”

Hierdie Bybelvers is die getuienis van ’n Christengesin wat deur die sikloon gespaar gebly het.

Sikloon Freddy het meer as 400 lewens in Malawi geëis, en baie ander in Mosambiek en Madagaskar.

In die Chiradzulu distrik in die suide van Malawi is ’n hele nedersetting uitgewis en onder sand begrawe.

Maar in Thyolo-distrik het “Masalimo 91” bly staan, en hulle glo dit is uit hemelse genade.

Mudula Tembo, ’n kerkganger, het gesê ’n man het opgestaan by ’n kamp wat vir rampslagoffers geskep is en getuig dat geloof in God lewens en besittings kan red.

“Ek dank God. Ek weet daar is niks in die winkel oor nie. Maar ten minste staan die winkel, en ek kan van vooraf begin,” het hy vir die gemeente gesê.

Die gebou is in deur puin bedek. Mens sien oral die nasleep van die aaklige sikloon se verwoesting.

Maar Tembo sê die man het nie gespog met die feit dat sy winkel staande gebly het nie. “Hy het net getuienis gelewer om mense aan te moedig om in God te glo. Die naam alleen – Masalimo 91 – het aan God uitgewys dat dit gered moet word, aangesien dit die Skepper se woord verkondig.”

Hy het verder uit die Bybel aangehaal: “Wie ook al in die skuilte van die Allerhoogste bly, sal in Sy skadu rus vind. Hy is my toevlug en my vesting, my God, in wie ek glo.”

In die foto hierbo: Shop Masalimo 91