By Zukile Majova
Political Editor
Die koalisie van gewondes se visier is steeds op President Cyril Ramaphosa ingestel.
Die dag toe die president aangekondig het dat hy die plunderaars uit die regering gaan verwyder, het dié wat die afgelope dekade voordeel getrek het uit die diefstal van biljoene rande hom geteiken.
Die sameswering het die eerste vier jaar van leierskap gekenmerk, en ’n hoogtepunt bereik met die onsuksesvolle poging om hom uit sy pos te verwyder.
Sy sonde? Steun vir die werk van die kommissie wat staatskaping ondersoek, die verstewiging van die Nasionale Vervolgingsgesag met 1 000 nuwe aanklaers, en wyer ondersoekmagte in die polisie.
So wat het van die 40% ANC-faksie geword wie se poging om die party oor te neem in Desember misluk het?
Daardie veldtog, wat hoofsaaklik bestaan het uit diegene wat die wet oortree het, wou Ramaphosa se stryd teen korrupsie ontspoor.
Die ANC se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, verwys daarna as die “koalisie van die gewondes”.
Hulle is aan die spits van die groep wat die staan-opsy-resolusie wil skrap. Die resolusie is om leiers wat van misdaad verdink word te dwing om hulle poste op te sê en sodoende die party se beeld te beskerm.
Die anti-Ramaphosa group bly binne die ANC, smee planne, verander van kleur soos verkleurmannetjies; alles om Ramaphosa te ondermyn.
Dit was oorspronklik Jacob Zuma se groep, wat daarna sonder welslae saamgestaan het om Nkosazana Dlamini-Zuma as president te laat verkies. Meer onlangs het hulle die uitgeworpe gesondheidsminister Zweli Mkhize se presidentsveldtog gesteun.
Mkhize self deel nie die mikpune van die sogenaamde radikale ekonomiese hervormings-faksies nie. Noudat hy nie meer op die toneel is nie, het hulle die ANC se adjunk-president, Paul Mashatile, as vlagdraer geïdentifiseer.
Mashatile was nie altyd deel van die faksie nie, maar het sy pos met hulle steun verwerf.
En hy sal hierdie blok en hulle getalle nodig kry as hy die sogenaamde Ankole-faksie, soos Ramaphosa se ondersteuners bekend staan binne die ANC, te onttroon.
Die anti-Ramaphosa-groep glo vas hulle kan selfs voor volgende jaar se algemene verkiesing van Ramaphisa ontslae raak.
Die linkse populiste het hulle by Ramaphosa se teenstanders aangesluit. Dit sluit Julius Malema se EFF in, wat op 20 Maart probeer het om die president met die sogenaamde landwye protes te intimideer.
Ook van buite die ANC is die African Transformation Movement, gelei deur Vuyolwethu Zungula, ’n Zuma-ondersteuner wat die party-leierskap deel met die president se omstrede voormalige segsman, Jimmy Manyi.
Zungula lei die veldtog om Ramaphosa oor die toesmeersdery van die Phala Phala-diefstal in 2020 te ontsetel.
Manyi is die Gupta-marionet wat probeer het om die nasie om die bos te lei deur die Guptas se media-koninkryk te “koop”, maar Multichoice het die propagandamasjien van hulle DStv-boeket verwyder.
Hulle het ’n nuwe bondgenoot gevind in Zwelinzima Vavi, voorheen leier van Cosato, wat met die ANC saamstaan, totdat hulle hom uitgeskop het. Dit het hom ontneem van die bates wat saamgaan met ’n verbintenis tot die alliansie wat uit die ANC, Cosatu en die SACP bestaan.
Vavi, wat Malema se protes Maandag gesteun het, lei nou die South African Federation of Trade Unions (Saftu).
Zuma, die oorspronklike “godfather” van hierdie groep, gebruik nou die South African National Civic Organisation (Sanco) om sy kwynende loopbaan te laat herleef.
Sanco is tegnies steeds deel van die drieledige aliansie, en as KwaZulu-Natal se voorsitter vertraag Zuma sy verdwyning van die politieke verhoog af.
Maar of hierdie bedremmelde koalisie van gewondes akkuraat na die teiken op Ramaphosa se rug kan aanlê, bly die vraag. Ná hierdie week se mislukte “opstand” voel dit amper nie so nie.