Deur Buziwe Nocuze
Die eienaar van ‘n taverne in Khayelitsha staan tereg op ‘n aanklag van poging tot moord nadat sy glo kookwater oor ‘n klant uitgegooi het.
Natash Tengeni, 26, sterk aan nadat sy met die kookwater verbrand is.
Sy het gesê haar probleme het begin toe sy met die kroegeienaar se buurvrou baklei het.
“Ek het laas Maandag met haar buurvrou baklei toe sy saam met haar man hier aangekom en my begin aanval het,” het sy gesê.
“Ek was geskok toe die eienaar sê hulle slaan my omdat ek in hul straat baklei het. Niemand besit die straat nie. Die feit dat sy ‘n kroegeienaar is, maar haar nie die straat se eienaar nie.”
Tengeni se vriende het haar gevra om Saterdag saam met hulle na die kuierplek te gaan om ‘n biertjie te drink.
“Maar toe ek op die punt was om te gaan sit, het die persoon wat ons bedien het, my gevra om te loop,” het sy gesê.
Terwyl Tengeni vertrek het, het die kroegeienaar glo kookwater van die tweede verdieping van die gebou af op haar uitgegooi.
“Sy het op die boonste verdieping van haar taverne gestaan. Ek het haar gesien toe ek opkyk,” het sy gesê.
Tengeni het teruggegaan na die taverne om die eienaar die omvang van haar beserings te wys, met die hoop op ‘n verskoning.
Maar om verskoning was daar nie gevra nie. Die kroegeienaar het glo gesê: “Hoekom is jy hier? Wil jy hê ek moet herhaal wat ek aan jou gedoen het? Gaan weg en moet nooit weer terugkom nie.”
Lingelethu-Wes SAPD-woordvoerder, Konstabel Xoliswa Nyalambisa, het bevestig dat die 58-jarige kroegeienaar in hegtenis geneem is en aangekla word van poging tot moord.
Op die foto hierbo: Natash Tengeni, 26, is na bewering met kookwater verbrand deur ‘n taverne-eienaar in Kaapstad se Khayelitsha-township
Fotobron: Buziwe Nocuze