Deur Dylan Bettencourt
SPORTKEUR: In die United Rugby Championships het die Stormers nog nie ‘n wedstryd teen plaaslike opposisie verloor nie, maar ook nie ‘n wedstryd teen ‘n oorsese span gewen nie.
Hulle is steeds nommer twee op die puntelys en hulle kom teen onverskrokke rangleiers Leinster te staan. As hulle dié wen, sal dit die oorwinning van die VGK wees.
Die Leeus hou hul maanhare hoog ná twee verrassende oorwinnings tuis en mag dit dalk net weer teen Benetton regkry. Drie wenne in ‘n ry sal wondere doen vir hul spangees.
Die Springbokke wat nou terugkeer na die Haaie toe behoort te sorg vir vir ‘n groot telling teen die Scarlets. Die Haaie het elke punt nodig wat hulle kan inwin om deel van die trofeeresies te bly.
Kurt-Lee Arendse, Canan Moodie en Bismarck du Plessis is terug vir die Bulle in hul moet-wen-wedstryd teen Ulster. Die spanne is te gelyk om geld op enige-een te sit.
Die Stormers speel hul URC-wedstryd Vrydag om 9:35nm, terwyl die ander SA spanne Saterdag speel. Dit skop af met die Leeus om 3nm, die Sharks om 7nm, en die Blou Bulle om 9:30nm, en word als regstreeks op DStv-kanale 201 en 211 uitgesaai.
➤ Die groot Curriebeker-vraag vir die naweek: Gaan die Stonehouse Express stoom in Griekwa gesigte blaas? Met die Pumas op tuisveld, kan jy verwag dat hulle hul beste sal lewer, soos wat die geval was die afgelope twee weke. Maar hulle sal moet bontstaan teen die Griekwas wat nog in die wolke is na hul wen teen die Haaie.
Ruan Pienaar, teen 39, is weer die briljante rugbyspeler wat hy so lank gelede soos 2010 was, as Ulster se geliefde losskakel. Die Cheetahs lê en wag vir die Blou Bulle in Bloemfontein. Het Jake White en sy bestuur besluit om rou Bulvleis in die grommende Cheetahs se hok te gooi as URC-offer? Ons vind dit hierdie naweek uit.
Die Leeus teen die Griffons by Emirates Airline Park kan ‘n skouspel wees, want albei spanne hou daarvan om met die bal te nael, en albei hoop om hul eerste oorwinning te behaal.
Die Haaie se direkteur van rugby, Neil Powell, het tot dusver nie die vaardighede getoon wat van hom ‘n Blitsbok legende gemaak het nie. Wanneer sy span teen John Dobson se Westelike Provinsie te staan kom mag die ploeterende Haaie hulself dalk net in diep water bevind.
Curriebeker-wedstryde begin Vrydag om 3nm, met die Westelike Provinsie wat Sondag om 2nm regstreeks op DStv-kanaal 211 speel.
➤ Internasionale sokker keer terug met kwalifiseringswedstryde vir onse kontinent, en skop af met Bafana Bafana wat Liberië moet aanvat.
Hugo Broos sal Suid-Afrika Vrydag om 6nm in hul tweede Afrikabeker-kwalifiseerder lei.
Nadat hulle die eerste wedstryd teen Marokko verloor het, is Bafana desperaat vir ‘n oorwinning, en sê weer vir Liberië die stryd aan op Dinsdag.
Die Afrika-offensief sal regstreeks op DStv-kanaal 202 te sien wees.
➤ Die eerste van drie T20’s tussen die Proteas en die Wes-Indiese Eilande skop Saterdag om 2nm af.
Nadat die eendagwedstryde teen end laasweek gelykop geëindig het, sal die Proteas bitter graag die reeks wil afsluit met ‘n oorwinning in die kortste formaat.
Die tweede en derde T20 vind Sondag en dan weer Dinsdag plaas.
Saterdag se aksie sal regstreeks op DStv-kanaal 212 wees.
Op die foto hierbo: Die Stormers en die Sharks
Fotobron: Stormers