Wette uit die oudedoos verbied seksspeelgoed vir Zim vroue

Deur Dalphine Tagwireyi

Zimbabwiese vroue sleep die regering hof toe oor ‘n verbod op die invoer, besit en gebruik van seksspeelgoed in Zim.

Sitabile Dewa, uitvoerende direkteur van die Vroueakademie vir Leierskap en Politieke Uitnemendheid, het Donderdag ‘n bevel ingedien om die verbod ongrondwetlik te laat verklaar.

Maar die regering hou voet by stuk: hul raad aan voorstaanders van seksspeelgoed is om alternatiewe soos komkommers, piesangs of selfs kerse te gebruik.

Vroue van regoor die land is briesend oor die verbod, wat ingevolge die Zimbabwiese Doeane- en Aksynswet die invoer van goedere kriminaliseer wat as onwelvoeglik beskou word.

Caroline Manhenga verkoop klere van China, en sê sy is geskok dat die regering in haar private slaai durf krap.

“Hoekom sou hulle seksspeelgoed verbied, en wat traak dit hulle? Ek is sat van verhoudings en het nie ‘n kêrel nie, so my speelgoed werk wonders wanneer ek hand aan eie lyf wil slaan,” het die 30-jarige Harare-inwoner gesê.

“Die regering stel voor ons gebruik komkommers, kerse of piesangs, maar dis mos nie gesond nie. Ek verkies seksspeelgoed, want dit beskerm my teen seksueel oordraagbare infeksies en MIV,” het Dewa gesê.

“Die wet is uit die oudedoos en maak inbreuk op vroue se reg om te kies, verwantskappe, en veilige seksuele genot.”

‘n Dosent van Gwanda Staatsuniversiteit, Shirley Chapunza, is onlangs vir ses maande tronk toe gestuur vir die invoer van seksspeelgoed, of kon kies om ‘n boete vir die oortreding te betaal.

Harare sosiale vlinder Ayanda Muponda is tot twee jaar tronkstraf gevonnis, wat opgeskort is op voorwaarde dat sy 640 uur gemeenskapsdiens verrig, nadat sy seksspeelgoed aan minderjariges verkoop het.

Minister van Justisie, Reg en Parlementêre Sake, Ziyambi Ziyambi, het aan Scrolla.Africa gesê die saak moet nog aangespreek word.

Beide Ziyambi en Kazembe is respondente in die saak.

Op die foto hierbo: Seksspeelgoed wat in Harare verkoop word

Fotobron: Ayanda Muponda