Deur Zukile Majova
Helen Zille, die koppige 72-jarige ouma wie se twietery haar party, die DA, so elke dan en wan in die skande steek, is ná twee dekades in die kalklig nog nie gereed om opsy se staan nie.
Maar ten minste een teenstander gaan haar op 1 en 2 April by die party se kongres uitdaag as voorsiter van die federale raad.
Die polities onbekende Lungile Phenyane Tshwane, wat nie eens ’n raadslid is nie, se kanse word op nul geskat.
Sy gaan na verwagtig ’n leiersfiguur wees in een van die DA se grootste kiesveldtogte sover, in die 2004 nasionale algemene verkiesing.
Meer as 3.6 miljoen kiesers, 20.7% van die totaal, het die DA in die 2019 verkiesing gesteun.
Die party het groot vordering in 2021 se munisipale verkiesings gemaak, met burgemeesters in Johannesburg, Ekurhuleni en Tshwane, maar gaan waarskynlik al drie aan die ANC-EFF koalisie afstaan.
Zille, wat deur die EFF se leier, Julius Malema, as “Madam” gedoop is, het verskeie swart politici die hoofstroom ingehelp.
Dit sluit die voormalige burgemeester van Johannesburg en stigter van Action SA, Herman Mashaba; Mmusi Maimane, voormalige leier van die DA en stigter van die One SA beweging; voormalige DA parlementslid Lindiwe Mazibuko, en onlangs die voormalige Johannesburgse burgemeester, Dr Mpho Phalatse.
Maar Zille was ook betrokke in bekgevegte met politici, wat die DA se swart leiers die hasepad laat kies het.
Greg Krumbock, opsiener van die DA se Federale Kongres, sê die partykongres gaan die grootse nog wees.
“Die kongres verkies die leier, federale voorsitter, drie adjunk-voorsitters en die voorsitter van finansies,” het hy gesê.
Die leier van die DA, John Steenhuisen, gaan na verwagting sy posisie verdedig.