Die Liefde is Veelkleurig: ‘n Scrolla-kompetisie

Liefde is nooit net swart en wit nie.

Scrolla.Africa het verlede week ‘n storie gepubliseer wat deur besturende redakteur Thabiso Sekhula geskryf is, getiteld THE COLOR OF LOVE.

In haar storie praat Thabiso oor die komplekse emosies en gewaarwordings wat gepaard gaan met die grootmaak van ‘n ligte-vel kind, wanneer jy ‘n Suid-Afrikaanse vrou met ‘n donkerder velkleur is.

Ons is sedertdien oorval deur lesers se reaksies op die storie, en vele mense het na vore gekom met hul eie verhale van liefde en velkleur.

Ons het stories ontvang oor jong vriende van verskillende afkomste wat moes wegkruip om saam te speel sodat hul ouers dit nie agterkom nie, en stories van swart ma’s wat hul kinders se hare moes sny sodat dit nie verklap dat die baba se ouers verskillende rasse verteenwoordig nie. Ons het stories gehoor van Indiese vroue wat sosiale media gebruik om luidkeels hul donker gelaatstrekke te vier – ‘n groot gesprekspunt binne die Indiese gemeenskap.

Vertel ons jou storie – of dit nou jou liefde vir iemand van ‘n ander ras is, ‘n ervaring tydens jou kinderjare, of selfs onwaarskynlike vriendskappe oor kleurgrense heen.

Ons paneellede, onder leiding van Thabiso, sal een wenner kies wat R250 in lugtyd sal losslaan, en wie se storie op Scrolla.Africa gepubliseer sal word.Om in te skryf, tik op hierdie skakel.