Deur Buziwe Nocuze
Rommel is nie die afgelope twee weke in Onder-Crossroads in Kaapstad verwyder nie, en inwoners is woedend oor die stank wat dit veroorsaak.
Zilungile Titus, ’n 40-jarige inwoner, het gesê rommelverwyderaars het in die verlede elke Woendag omgekom om hulle asblikke leeg te maak, maar die afgelope twee weke het dit nie gebeur nie.
Boonop buit diewe die situasie uit, volgens Titus. “Boewe gebruik die kans om asblikke te steel wat buite ’n werf staan terwyl inwoners op die rommelverwyderaars wag.”
Luyolo Tshaka, 39, ’n ander inwoner, stem saam, en sê die stadsbeamptes moet laat weet wat gaan aan met die skedule. “Die gemors is ongesond. Ons kan nie eens ons asblikke toekry nie,” het hy gesê.
Inwoners het ook hulle kommer uitgespreek oor die gesondheidsgevare wat die rommel inhou. Dit lok vlieë en dit stink. Party inwoners stort uit frustrasie hulle rommel onwettig elders.
“Ons verdien beter. Hulle kan ons nie so behandel nie,” het Tshaka gesê.
Die probleem is skynbaar ’n glips.
Grant Twigg, wat by Kaapstad se Stedelike Afvalbestuur betrokke is, sê nuwe tenders word oorweeg, en in die tussentyd is dit die stad se verantwoordelikheid. Dit wil lyk asof nuwe personeellede, wat nog nie met die skedule vertroud is nie, die gebied per ongeluk oorgeslaan het.
“Dit sal reggestel word.” Het Twigg belowe. “Inwoners kan probleme by die stad se inbelsentrum rapporteer, by 0860 103 089.”
In die foto hierbo: Inwoners van Onder Crossroads stort hulle rommel onwettig, omdat Kaapstad se munisipaliteit nie hulle werk doen nie
Fotobron: Buziwe Nocuze