Cyril self stel trans vrou as Komissaris vir Geslagsgelykheid aan

Leigh-Ann van der Merwe is gewoond aan allerlei struikelblokke omdat sy trans is, en was doodverbaas toe President Cyril Ramaphosa haar onlangs as Komissaris vir Geslagsgelelykheid aangestel het.

Sy is die eerste trans vrou wat in die komissie dien.

“Ek weet my ervaring en vaardighede kwalifiseer my vir die pos, maar dit beteken nie ek sou dit kry nie.” 

Sy bly in Vergenoeg naby Oos-Londen, en het grootgeword in Ugie, ’n plattelandse dorpie tussen Mount Frere en Elliot in die Oos-Kaap.

In haar gemeenskap is seksuele- of geslagsdiverskille bloot nie geduld nie.

“Volwassenes en kinders het my dikwels baie sleg behandel,” sê sy. “Maar die apartheid-bestel was veral wreed teenoor mense soos ek wie se ras, seksuele orientering én geslagsidentiteit onderdruk is.”

Sy het twaalf jaar gelede die Social, Health and Empowerpent (SHE) kollektief in Oos-London vir trans en inter-seks vroue begin, toe daar amper geen toegewyde gesondheidsdienste vir die queer-gemeenskap was nie.

Sy is baie trots op wat SHE. bereik het. “Baie van my gemeenskapslede het nooit gedink hulle sal kans kry om hulle stemme te laat hoor nie.”

Menseregte vir LGBTQi-mense word vandag deur die grondwet beskerm word, maar dit kan nie mense se harte verander nie, meen Leigh Ann.

“Van my familielede veroordeel my identiteit nog steeds, maar ek het nie hulle goedkeuring nodig nie. Ek is diep bekommerd oor hoe mense soos ek deur gemeenskappe hanteer word.” 

Sy wil as kommisaris op die interseksie van verskeie vorms van onderdrukking fokus – op grond van ras, geslag, welvaart, ligging ensomeer.

“As ons geslagsgelykheid wil aanspreek, moet ons op ’n holistiese manier na die konsep van weerloosheid kyk,” sê sy.

Sy is passievol oor kwessies wat landelike vroue, menstruele gesondheid, queer- en trans-vroue, vroue in die tronk, en die migrasie van vroue betref.

Haar doelwit is om vroue sosiaal, persoonlik en ekonomies te bevry.

“Selfs as ons net een tree nader aan daardie bevryding kan gee, sal ek voel ek het my tyd op die Kommissie goed bestee.”

In die foto hierbo: Komissaris vir Geslagsgelykheid, Leigh Ann van der Merwe

Fotobron: Verskaf