Brullende dief jaag Khayelitsha op hol 

binary comment

Deur Buziwe Nocuze

’n Vreesaanjaende dief storm met ’n groot gebrul op inwoners van Khayelitsha of voordat hy hulle beroof.

Inwoners van die township eis dat familie van die man, wat stom is, verantwoordelikhid vir sy optrede aanvaar. 

Die verdagte, wat in sy kinderdae ’n besering opgedoen het wat en sedertdien nie kan praat nie, word daarvan beskuldig dat hy selfone, horlosies en geld steel.

Neziswa Malambile, een van die dief se slagoffers, het haar ervaring met Scrolla.Africa gedeel. Sy was winkelsentrum toe op pad toe sy ’n man in die pad sien staan. Die oomblik toe hy haar opmerk, het hy begin brul.

“Hy was erg aggressief en ek kon sien hy sou my aanval as ek myself teësit,” het sy gesê.

Die gemeenskap het by sy familie eerder as by die polisie gaan kla, omdat die polisie niks aan die saak gedoen het nie. Die familie het die slagoffers glo vergoed vir hulle gesteelde fone.

Maar baie inwoners is moeg vir die storie en eis ’n meer kragdadige optrede.

Die verdagte se ma is bang die gemeenskap neem wraak. “Hy gebruik dwelms, en die rehabilitasie-sentrum sê hulle kan nie iemand met sy probleme help nie.”

Die Wes-Kaapse Department van Plaaslike Ontwikkeling het bevestig dat geeneen van hulle inbly-sentrums hom kan ineem nie. Die gemeenskap se geduld is op.

Een slagoffer het gesê: “As ek my foon verloor, verloor ek belangrike inligting. Hulle moet met hom praat voor dit te laat is.”

In die foto hierbo: Inwoners van Khayelitsha is raadop met die brullende dief

Fotobron: Buziwe Nocuze