By Everson Luhanga
Suid-Afrikaners het genoeg gehad!
Van die een kant van die land na die ander het mense die afgelope tyd die strate ingevaar om teen die ineenstorting van dienslewering protes aan te teken.
Water. Krag. Behuising. Sanitasie.
Dit is die dienste wat misluk – en mense se geduld is op.
Lede van die gemeenskap het besige paaie afgesper en motorbande in die straat gebrand.
Gister het inwoners wat 10 dae sonder water sit brande gestig en die N1 by Ventersburg in die Vrystaat afgesper.
Maar dié optrede was allermins ongewoon.
Die volgende betogings het die afgelope dae en weke plaasgevind:
IN GAUTENG:
Op 6 Februarie is paaie om Roodepoort gesluit weens protesoptrede.
Albertina Sisulu Rylaan is gesluit weens ’n protes by die Princess informele vestiging. Polisie is ingeroep om die situasie dop te hou.
In Kwa-Thema, Ekurhuleni, is Thema-weg gister met brandende bande afgesper.
In Vosloorus is daar daar op 3 Maar klippe na motoriste gegooi.
Daar is met skerppunt-ammunisie losgetrek op verskeie wetstoepasser wat by betogings opgedaag het.
IN KWAZULU-NATAL
In Februarie is die R617 na Underberg / Boston afgesper deur inwoners wat teen waterskaarste betoog. Dit was nadat die gebied vyf dae lank sonder krag en water was.
Daar was op 1 Februarie ’n betoging op Mangosuthu Snelweg. Motoriste moes ’n ompad kies.
IN MPUMALANGA
Op 1 Februarie kon inwoners van Hazyview en Hoedspruit nie hulle gewone roetes volg nie, aangesien die pad na Matsikitsane met lorries afgesper was. Betogers het bestuurders se sleutels afgeneem.
Dieselfde dag het leerders van Patriot High School die strate ingevaar, motorbande gebrand en paaie versper.
IN NOORDKAAP
Daar was betogings op die N14, 60km buite Kuruman, op die pad Vryburg toe.
Die pad is afgesper en die situasie het plofbaar geword.
IN NOORDWES
Daar was op 6 Februarie betogings en versperrings op die R506 Jan Kemp / Christiana / GeluksOord-paaie.
Op 13 Februarie is die besige N12 by Ikageng (Potchefstroom) gesluit weens betogings teen swak dienslewering.
IN DIE OOSKAAP
Op 9 Februarie het betogers teen swak dienslewering deur Oos-London beweeg en die gebied tot stilstand gedwing.
Op 13 Februarie was daar betogings by die Stanfordweg-brug en die N2 in Gqeberha. Betogers het winkels geplunder.
Op 16 en 17 Februarie is talle besighede in Komani (Queenstown) gesluit.
IN DIE WESKAAP
Op 20 Februarie was daar betogings op Baden Powell-weg in Khayelitsha. Motoriste moes ompaaie kies
IN LIMPOPO
Op 2 Februarie is die R40 tussen Dwarsloop en Acornhoek die betogers afgesper met klippe en vullis.
Op 20 Februarie was daar ’n groot protesaksie in Phalaborwa, omdat daar geen krag of water was nie.
Hierdie is nie eens ’n volledige lys nie. Sommige betogings is nie aangemeld nie.
Die land is op ’n mespunt, en die EFF se voorgestelde landwye staking, wat vir 20 Maart beplan word, laat gemoedere nog hoër loop.