Deur Everson Luhanga
’n Keniaanse man wat sê hy is Jesus Christus en honderde volgelinge het, sit met ’n probleem: Sy gemeente wil hom Paasnaweek om seker te maak hy is die ware Jacob – of eerder, die ware Jesus.
Volgens die Christengeloof is Jesus omtrent 2 000 jaar gelede gekruisig, en het drie dae later opgestaan.
Die gemeentelede van die hedendaagse messias, Mwalimu Yesu wa Thangole, van Bungoma, wil seker maak hulle aanbid nie ’n swendelaar nie, en glo ’n kruisiging sal die kwelvraag oplos.
As hy werklik Christus is, meen hulle, sal hy mos Paas-Sondag uit die dode opstaan.
Maar Mwalimu, wat beweer God het hom aangesê om die evangelie te versprei, dink nie dis ’n goeie idee nie. Hy het sy gemeente by die polisie gaan aangee.
In die foto hierbo: Mwalimu Yesu wa Thangole, die Keniaanse Jesus, wat vrees vir sy lewe
Fotobron: Twitter