Deur Khaya Ndaba
Die legendariese mode-ontwerper Sonwabile Ndamase beveg geslagsgeweld deur kwesbare vroue te leer naaldwerk doen.
Die 62-jaar-oue mode-ikoon, wat beroemd geword het deur Nelson Mandela se beroemde hemde te ontwerp, wil sy kennis na die volgende generasie se ontwerpers oordra.
Sy modeskool, wat deur die Vereniging van Suid-Afrikaanse Mode-ontwerpers erken word, help ontwerpers met ervaring maar sonder kwalifikasies om hulle vaardighede te slyp en sake-geleenthede te benut.
Ndamase se motivering om geslagsgeweld aan te spreek spruit uit ’n besoek aan Amerika, waar hy dié konsep geleer het: “Mens wend jou belasting in jou gemeenskap aan.”
Dit het aanklank by hom gevind, omdat het weet hoe swaar dit vir sy ouers was om ’n bestaan te maak in ’n landelike nedersetting naby Oos-London in die Oos-Kaap.
Hy skenk sy kennis aan diegene wat dit die nodigste het.
“Net voor Covid-19 het ek die departement van sosiale dienste gevra om die naaimasjiene vir my te koop sodat ek hulle aan vroue met min vaardighede beskikbaar kan stel, en hulle op dié manier te bemagtig,” het hy gesê.
“Ek probeer geleenthede skep vir slagoffers van geslagsgweld.“ Hy bied die klasse elke werkdag dwarsdeur die jaar aan.
Een van sy studente het met groot lof van hom gepraat. “Hy is ’n legende. Om by hom te kan leer rokke maak, is ’n groot voorreg. Ons het sertifikate gekry, wat vir ons deure gaan oopmaak.”
In die foto hierbo: Sonwabile Ndamase deel sy kennis
Fotobron: Verskaf