Onwettige verbinding-sterftes skok Gqeberha wakker

Deur Anita Dangazele

Dit het ten minste twee onlangse sterftes gekos om Nelson Mandelabaai se munisipaliteit aan te hits om ’n informele vestiging in Gqeberha toegang tot elektrisiteit te gee.

Khayelitsha in Motherwell is Woensdag by die stelsel gevoeg. Nagenoeg 214 inwoners baat by die eerste fase van die munisipaliteit se elektrifisering-projek.

Die munisipaliteit se politieke hoof vir Energie en Elektrisiteit, raadslid Lance Grootboom, het gesê hulle vernaamste doelwit is om sterftes en beserings te voorkom.

“Ons ontvang berigte dat mense omkom. In Oktober verlede jaar het ’n man in die gemeenskap so gesterf,” het hy gesê.

Tydens die feestelike geleentheid het Grootboom hulde aan wykraadslid Thanduxolo Doda gebring omdat hy so hard daarvoor geveg het.

“Omtrent nog 600 huise in hierdie gemeenskap moet tot die stelsel verbind word, en ons hoop om dit in Julie te voltooi,” het Raadslid Doda gesê.

’n inwoner, Nandipha Ndlela, 37, het gesê sy kan nie wag dat die onwettige konneksies vervang word nie, aangesien sy altyd besorg is oor haar vier kinders se veiligheid.

“Ons het in een jaar ’n kind en ’n jong vrou in hierdie gemeenskap verloor. Ander is beseer maar het die dood vrygespring. Dis hoog tyd,” het die werklose ma gesê.

Ndlela, wat op haar kinders se sosiale toegif oorleef, sê sy moes tot nou toe ’n maandelikse fooi van R150 vir ’n onwettige en gevaarlike verbinding betaal.

In die foto hierbo: ’n Inwoner van Khayelitsha verwyder sy onwettige verbinding net voordat wettige en veilige krag aangeskakel word.

Fotobron: Anita Dangazele