Mandelabaaiers moet water kook

Deur Anita Dangazele

Terwyl die droogte in Nelson Mandelabaai vererger, word inwoners gewaarsku om gevaarlike boorgatwater te kook voordat hulle dit gebruik.

Dit is die gebied se ergste opgetekende droogte, met verskeie damme wat in onbruik verval het.

Die metro het boorgatwater by die toevoer gevoeg. Om dié rede het die stad inwoners gewaarsku om kraanwater te kook voordat hulle dit gebruik.

Volgens die munisipaliteit wissel die gehalte van kraanwater voortdurend as gevolg van lae dam- en reservoir-vlakke en die byvoeging van grondwater. Dit maak dit onmoontlik om gehalte te verseker.

Nelson Mandelabaai se uitvoerende burgemeester, Raadslid Retief Odendaal, het gesê die verandering van gehalte hou verband met chemiese samestellings en nie met skadelike bakterieë nie.

“Ons sê net die water smaak dalk anders as gewoonlik, en inwoners moet dit as voorsorgmaatreël kook voordat hulle dit gebruik,” het hy gesê

Gebiede soos Gqeberha sentraal is die afgelope drie dae sonder water, en maak nou ten volle van waterlorries gebruik.

Die Department van Water en Sanitasie het 20 waterlorries by die stad se bestaande 23 lorries gevoeg.

Die lorries is dadelik na gebiede met erge waterskaarstes uitgestuur, het Joseph Tsatsire, uitvoerende direkteur van waterverspreiding, gesê.

In die foto hierbo: Raadslede van Nelson Mandelabaai munisipaliteit in t-hemde watwaterbesparing aanmoedig

Fotobron: Anita Dangazele