Deur Mashudu Mabila
Die volk is vandeesweek weer oorgelaat aan beurtkrag se geite.
Eskom het Sondag aangekondig dat beurtkrag, wat amptelik op fase 4 is, geleidelik tot fase 3 verminder sal word – maar slegs gedurende die dag op Dinsdag en Woensdag.
Fase 4 was egter steeds tot Maandag 4nm van krag.
Maar Eskom het ook aangekondig dat fase 5-beurtkrag tot Dinsdagoggend 5vm geïmplementeer sou word.
Beurtkrag is verminder na fase 3 van 5vm tot 4nm op beide Dinsdag en Woensdag, met fase 4 wat tussen 4nm en 5vm volg.
Vir gewone burgers nuuskierig oor wanneer die nag op sy donkerste sal wees, het Eskom aangekondig dat enige nuus in die verband gepubliseer sal word sodra beduidende veranderinge plaasvind.
Eskom het berig dat ‘n opwekkingseenheid by kragstasies in Arnot, Grootvlei, Kendal, Medupi en Tutuka weer in diens geneem is.
Onklaar toerusting by Camden, Majuba en Matimba het egter veroorsaak dat eenhede buite aksie geplaas is vir herstelwerk.
Johannesburg City Power het probeer om lig te werp op die verwarring. ‘n Verklaring lui: “City Power se klante sal ‘n effense omskakeling van fases in die meeste dele van die land ervaar aangesien beurtkrag geleidelik verminder word tot fase 3 deur die loop van die week.”
Op die foto hierbo: Eskom beurtkrag is hier om te bly
Fotobron: Twitter