Wiskunde-boffin wil somme lekka pret maak

Deur Doreen Mokgolo

Wiskundige en mediese dokter Sibusiso Mahlangu wy sy lewe daaraan om negatiewe houdings jeens Wiskunde om te keer.

Die 33-jarige Mahlangu van Kwa-Thema in Ekurhuleni het op universiteit al begin om gratis ekstra klasse in wiskunde aan te bied. Hoewel hy ’n bedrywige dokterspraktyk bedryf, vind hy steeds tyd om sukkelende leerders te help.

“Dit was vir my pynlik om te sien hoeveel leerders die vak laat staan,” het hy gesê.

“Ek het myself daartoe verbind om hulle houding te verander en teen die einde van die akademiese jaar het al my studente, selfs dié wat vroeër gesukkel het, met onderskeidings geslaag.”

Hy het ’n eiesoortige manier uiteengesit om Wiskunde te benader – asof dit ’n nuwe taal is, het hy gesê.

“Wannner jy ’n nuwe taal aanleer, begin jy deur die boustene te bemeester. Jy oefen elke dag totdat jy vlot praat, en neem die aksent aan.

“Dieselfde geld vir Wiskunde. Mens moet ophou om dit as ’n probleem te beskou wat opgelos moet word.”

Hy het aan Scrolla.Africa gesê nadat hy sy meestersgraad voltooi het, het hy besluit om dit in ’n doktorsgraad om te sit.

Nadat hy daardie uitdaging onder die knie gekry het, het hy ’n nuwe een geskep: om een van 60 berekeninge wat as onoplosbaar beskou is te troef.

Sy werk behels ’n metode bekend as asimptotiese wiskunde, wat deur Sciforum se wetenskaplike komitee goedgekeur is. Dit word in Mei tydens die eerste Internasionale Aanlyn-Konferensie vir Wiskunde en Poepassing gevier.

In die foto hierbo: Sibusiso Mahlangu

Fotobron: Verskaf