Deur Buziwe Nocuze
Inwoners van Onder-Crossroads in Kaapstad leef in vrees vir ’n muskiet- en rotplaag. Hulle kon in 2021 laas rustig slaap.
Die waterpoel neffens hulle huise is die bron van hulle smarte: dis in 2021 laas skoongemaak.
Sandla Mashiya, ’n inwoner, het sy frustrasie aan Scrolla.Africa uitgespreek.
“Wanneer ons nie deur rotte aangeval word nie, pak die muskiete ons. Ons bly nie lekker in ons eie huise nie.”
Zusakhe Ngcebetsha sê sy moet altyd haar deur toehou as gevolg van die muskiete. Nie asof dit juis ’n verskil maak nie. Selfs insekdoders help nie.
Inwoners doen ’n beroep op Kaapstad se munisipaliteit om die poel skoon te maak.
Bongiswa Kala, nog ’n inwoner, het gesê: “Soms sien ons rotte ons huise binnegaan en ons wil hulle met stokke doodslaan, maar dan verjaag húlle ons, stokke en al.”
Hulle vrees daar word ook lyke in die poel gegooi. “Dit moet te alle tye skoon bly,” het Kala gesê.
In die foto hierbo: Inwoners van Onder-Crossroads in Kaapstad loop deur onder ’n rot- en muskietplaag
Fotobron: Buziwe Nocuze