Deur Doreen Mokgolo
Bendes beheer skoolgronde in die oostelike Ekurhuleni. Leerders moet respek aan hulle toon, of die slagoffers van gewelddadig aanvalle word.
Dit is hoe Wyk 86 se raadslid, Nsizwa Mekgwe, die saak opsom. Hy is ook leier van die projek Saturation Patrol, wat in verskeie skole optree om misdaad te bekamp.
By die laaste skool wat hulle deursoek het, het hulle ’n vuurwapen, messe, dwelms en dwelmtoerusting soos spuitnaalde gevind.
Makgwe het gesê daar is verskeie bendegroepe. Hulle sluit Tokyo, Japan en Amabutho (Zulu) in. Die Amarussia (Lesotho) word met onwettige mynwerk verbind.
Bendelede in skole bewapen hulleself met allerlei dodelike wapens. Volgens Megwe verkoop hulle dwelms op die skoolgronde.
Die leerders spuit hulleself in skooltyd in en rook nyaope en metamfetamien (crystal meth) in die toilette.
Hulle glo hulle word beskerm deur ’n leer-armband wat in muthu geweek en deur tradisionele geneser in die gebied verskaf word.
Mekgwe het aan Scrolla.Africa gesê die bendes ontstaan uit onwettige inisiasie-rituele. Seuns word ontvoer en aan dwelms blootgestel.
“Hulle word dan gedwing om bendelede te word en hulle bende se werksaamhede in die gemeenskap te bevorder,” het hy gesê.
Mekgwe het gesê hulle beveg dwelms in skole om seker te maak onderrig geskied sonder inmenging.
’n Leerder en bendelid wat anoniem wil bly vir sy eie veiligheid het gesê bendelede intimideer en beroof ander leerders, en gebruik geweld wanneer hulle bedreig word.
“Ons gaan gereeld na ander skole toe om ons bende se naam te beskerm. Ons word ook opgeroep om bendelede te beskerm.”
Sersant Noluthando Mahlangu, segspersoon vir Duduza polisie, het bevestig dat hulle ’n saak van die besit van ’n onwettige vuurwapen ondersoek.
“Die minderjarige is aan sy ouers se sorg toevertrou en die ondersoek duur voort,” het sy gesê.
In die foto hierbo: ’n Bendelid wys sy armband
Bron: Verskaf