Tot barstens toe verlief op balonne

‘n Indiese burger het ‘n vreemde verslawing aan ballonne – en dit sluit in om met hulle seks te hê.

Aakash Majumdar is aangetrokke tot voorwerpe, maar niks lê hom so na aan die hart soos ballonne nie.

Die 28-jarige het sy verhouding met ballonne begin op ‘n soortgelyke manier as enige tipiese romantiese verhouding. Dit was eers net ‘n onskuldige vriendskap en het toe ontaard in ‘n ernstiger saak.

Die man van Mumbai het onthul dat hy sy bed met die ballonne deel en dikwels die kat in die donker knyp.

“Ek hou van hul teenwoordigheid en warmte, en deel intieme gevoelens met my ballonne. Die gevoel is wederkerig,” het Majumdar aan NeedToKnow.online gesê.

“Ek maak liefde met my ballonne. As jy verlief is, spandeer jy baie tyd saam en aanvaar jy allerhande foute.”

Die romantiek begin soggens met ‘n roetine wat ‘n goeie-more boodskap en soen insluit om die dag mee in te lei.

“Ek kan met hulle gesels, hulle uitvat vir inkopies en in die tuin gaan stap. Hulle praat met my deur drome en telepatie,” het Majumdar bygevoeg.

“[Die ballonne] moet vry wees en ‘n kans hê om die wêreld te sien, en dit is die rede hoekom ek hulle oral saam met my neem.”

Majumdar was vasbeslote om te keer dat sy ballonne wegsweef, en daarom het hy gekies om die knie te buig en die knoop deur te haak.

“Vandat ek my liefde vir my ballonne bely het, het my lewe soveel verbeter,” het hy gesê.

Majumdar verstaan ​​ook die kwesbare aard van sy lewensgenote, so hy maak seker dat hulle nie elders steke opdoen nie.

Maar ongelukke gebeur, en wanneer ‘n enkele ballon bars is Majumdar “in trane vir ure” en berei selfs ‘n formele begrafnis voor.

Saamgestel deur Dylan Bettencourt

Op die foto hierbo: Aakash Majumdar en sy ballonne

Fotobron: Twitter