Strandseks skop sandstorm op

’n Paartjie in Suid-Australië kon dié week nie wag tot by die huis voordat hulle dáái ding doen nie. Toe doen hulle dit oop en bloot op Henley Beach.

Ongelukkig was daar ’n perv op die toneel wat sy selfoonkamera op “video” moes stel sodat die plesiertjie vir die nageslag behoue sou bly. 

Die anonieme paartjie was dalk salig onbewus van die omstanders – wat glo kinders ingesluit het. Pleks daarvan dat die ontstelde sedebewakers weggestap het, het hulle die paartjie gekonfronteer en ’n verskoning geëis.

Hulle is van “openbare onsedelikheid voor kinders” beskuldig.

“Hy doen die anakonda!” het iemand geskree.

Dit wil lyk of die betrokke paartjie vervolging vir hulle hormoonbeswyming gaan vryspring, maar die sluwe skepsel wat hulle verfilm het, is dalk in die sop. Die polisie het hom gewaarsku dat hy moontlik privaatheidwette oortree het.

Wat dit veel erger maak, is dat hy dit op Facebook geplaas het, waar dit derduisende kere opgeroep is. 

Hy sou selfs kon tronk toe gaan, maar ’n waarskuwing is meer waarskynlik.

Saamgestel deur Mashudu Mabila

In die foto hierbo: Henley Beach

Fotobron: Air Bnb