Deur Razeen Gutta
Daar sluip ’n enorme swartbeer in ’n rolprentteater naby jou rond – en hy’s hoog op coke. Hy saai amok wanneer hy nog wil hê.
Chill. Dis net ’n fliek; ’n naelbytriller met die naam Cocaine Bear, en as jy die gedagte aan so ’n beer nie opwindend genoeg vind nie… dis op ’n ware verhaal gegrond.
Net ligweg. Elizabeth Banks se fliek oor die toproofdier wat meer as 200kg weeg en oor ’n tydperk 130kg coke sluk, speel in 1985 in Amerika af. In die ware verhaal het ’n beer 30kg coke geëet, en is ’n paar minute later dood. Dit sou ’n baie kort fliek maak.
“Ek is versigtig optimisties,” het Banks gesê toe die vollengtefliek uitgereik is. “Die verwagtinge is hoog, en dit plaas druk op ’n fliek, maar ek begin al hoe meer dink mense gaan daarvan hou.”
Die akteurs is Keri Russell, O’Shea Jackson Jr, Alden Ehrenreich, Christian Convery en Isiah Whitlock Jr.
Cocaine Bear rol nou is teaters regoor Suid-Afrika.
In die grafika hierbo: Plakkaat vir Cocaine Bear
Grafika-bron: @cocainebear